Dié dokumente nodig vir aanmelding van ‘n boedel
Regsake vir boere
Ek word gereeld gevra watter dokumente ‘n kliënt moet saambring wanneer ‘n boedel aangemeld word.
Ek deel die lys op in verskillende kategorië. Hopelik is dit so makliker om te onthou.
Eerstens: Die oorspronklike testament.
Tweedens: Alle persoonlike inligting.
Daarvoor benodig die beredderaar die volgende oorspronklike dokumente: Identiteitsdokument; doodsertifikaat; huweliksertifikaat; volle name en geboortedatums (of ID’s) van al die kinders.
Indien die kinders getroud is binne gemeenskap van goedere, benodig ons die volle name en geboortedatums (of ID’s) van hul eggenote ook.
Indien die eggenoot en /of ‘n kind of kinders nie meer leef nie, word hulle volle name en doodsertifikate benodig.
Wat die voertuie en vuurwapens betref, benodig die beredderaar die registrasiebewyse van die voertuie en die lisensies van die vuurwapens.
Volgende is die finansiele inligting, met ander woorde inligting van die verskillende bankrekeninge. Dit behels die rekeningnommers en name van die banke en die takke van die banke waar die rekenings is, die inkomstebelasting-verwysingsnommer en indien moontlik ‘n afskif van die laaste belastingopgawe, asook die belastingregistrasiebewys en mees onlangse balansstaat. Die besonderhede van die boekhouer van die oorledene is ook nodig.
Indien daar beleggins en /of aandele is, die rekeningnommers van die beleggings en naam van die instansie by wie die belegging gemaak is, nodig. Dieselfde inligting word benodig ten opsigte van aandele wat aan die oorledene behoort het.
Die inligting van alle vaste eiendomme moet verskaf word. In die geval van plase: Die plaasnaam, -nommer en registrasieafdeling; inligting oor wie die
verbandhouer(s) is, en afskrifte van al die plaas se belastingbetalings.
Met huise in dorpe of stede: Die erfnommer van die huis of die deeltitelontwikkeling se naam en eenheidnommer; kontakbesonderhede van die agent wat die beheerliggaam van die skema (body corporate) hanteer, en watter banke verbande oor die eiendomme het. Indien u in besit is van die titelaktes van die vaste eiendomme of afskrifte daarvan, neem dit ook saam.
Sekere vaste eindomme is geregistreer in beslote korporasies (CC’s). Daar word die naam en nommer van die CC benodig en die kontakbesonderhede van die finansiële amptenaar van die CC. Die CC se belastingregistrasienommer en ‘n afskrif van die mees onlangse belastingopgaaf.
Met plaasboedels benodig die beredderaar die volgende inligting met betrekking tot die beeste, bokke en skape: Die hoeveelhede en geslagte van die diere; afskrifte van vervoerpermitte; die Namlits-lys van die beeste en die Namlits-registrasiekaart.
Indien daar vaste eiendomme in die boedel is wat verhuur word, neem asseblief afskrifte van die huurkontrakte saam, sowel as die kontakbesonderhede van die huurders en die verhuringsagente.
‘n Lys van alle rekeninge wat maandeliks betaal word, met afskrifte van die mees onlangse fakture of state word ook benodig.
Sommige mense is baie georganiseerd en hul voel gemaklik indien alles agtermekaar en in plek is. Ek stel voor dat sulke individue ‘n lêer maak met al die inligting wat ek hier uitgestippel het.
Voorspoed, dit is nie so erg soos wat dit lyk nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie