Dié erfenis sal ewig leef
Dirk Mudge se laaste groet douvoordag gister, aan ‘n land wat hy bo alles gestel het, stel ons voor die plig om ons handel en wandel aan een van ons land en gemeenskap se ware helde te meet.
Hy sou waarskynlik selfspottend geskerts het dat dit op Heldedag moes gebeur. Tog is dit gepas.
Namibië kon vandag veel anders gelyk het sonder die baanbreker se stryd vir ‘n onafhanklike, veeltalige, multi-kulturele, demokratiese republiek. Soos steeds in Republikein se naam vergestalt.
As ysere diplomaat het Mudge nie ‘n bang haar op sy kop gehad nie. Maar ook die belang van gee en neem besef. “Ons moet altyd hierdie proses waaruit Namibië ontstaan het jaloers koester,” het hy in 2015 oor die geboorte van die Grondwet gesê.
Mudge se uitrede uit die politiek op die kruin, bly deel van sy baie lesse aan elke politikus.
Is ons politici – en ons as burgers – vandag genoegsaam dienaars van die groter belang; van geregtigheid, erkenning en welvaart vir almal? Kampvegters teen die slaggate en sieledood wat in rigiedheid skuil? Voortdurende uitdagers en afbrekers van grense? Genoegsaam ingestel op ons medemens, goeie waardes, die belang van gesin en familie?
Mudge was veel meer as net politikus.
In sy hart het Republikein altyd ‘n spesiale plek gehad. Sy ondersteuning van die koerant was altyd onkreukbaar.
Dankie, Oom Dirk. Rus sag.
Woorde skiet kort. En jy het bowenal bewys woord sonder daad is leë simbale.
Mag jou omgee-lewe opnuut alle Namibiërs herinspireer. Laat ons ons elkeen aan daardie aansteeklike patriotisme hertoewei.
Mag die toekoms, wat wyd voor ons ooplê, ons rig.
So sê ander
26 Augustus 2020
Help nou om die ekonomie aan die gang te kry
In die nadraai van die opheffing van verskeie inperkingsregulasies is daar bemoedigende tekens dat groot dele van die ekonomie se ratte nou weer aan die draai kom.
Tog is die ekonomiese skade wat die afgelope vyf maande aangerig is, enorm. Die tekens is orals te sien in toenemende armoede en ’n vinnig stygende werkloosheidsyfer. Ander nagevolge is weggesteek in die privaatheid van voorstedelike huise.
Om te wag dat die regering se stimuluspakket ’n oplewing in die ekonomie bewerkstellig, is om te wag vir môre: Dis nog ’n dag.
Elke Suid-Afrikaner wat die vermoë het om iéts te doen, het ’n verantwoordelikheid om die ekonomie weer aan die gang te kry. Nie vir die regering nie, maar vir mede-Suid-Afrikaners.
Niemand het groot geld wat rondlê nie. Maar daar is klein dingetjies wat ’n mens kan doen wat ’n verskil kan maak: Koop plaaslik en plaaslik vervaardigde produkte. Ondersteun die entrepreneur op jou voorstoep. Pak jou huis reg en kyk wat jy het om te skenk aan iemand. Beplan ’n (selfs kort) vakansie, as jy kan.
Dra jou masker, handhaaf ’n gesonde afstand en was jou hande. Om jouself en ander te beskerm, maar veral ter beskerming van ons brose ekonomie. ’n Tweede vlaag is die laaste ding wat ons land nou kan bekostig.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie