Diu00e9 foon is steeds die topverkoper wu00eareldwyd
Diu00e9 foon is steeds die topverkoper wu00eareldwyd

Dié foon is steeds die topverkoper wêreldwyd

Bykans twee iPhone XR-modelle is verkoop vir elke iPhone 11, Apple se jongste slimfoon wat vroeër vanjaar uitgereik is.
Petrus Malherbe



Die beste verkoper van slimfone in die derde kwartaal vanjaar was 'n ouer iPhone wat reeds in 2018 uitgereik is.

Volgens marknavorsing van Counterpoint het Apple se iPhone XR 3% van alle verkope vir die drie maande tot einde September uitgemaak.

Dit geld wêreldwye verkope van slimfone in dié tydperk.

Bykans twee iPhone XR-modelle is verkoop vir elke iPhone 11, Apple se jongste slimfoon wat vroeër vanjaar uitgereik is.

Die feit dat die iPhone XR steeds koning kraai, is nie juis 'n verrassing nie. Dié foon is sedert einde verlede jaar nog elke kwartaal die topverkoper.

Samsung se nuwe vlagskipfone verskyn nêrens op die lys van gewildste toestelle nie, maar wel sy “goedkoper” modelle, insluitend die Galaxy A10 en A50.

Dié modelle het onderskeidelik 2,6% en 1,9% van alle verkope in die derde kwartaal behels.

Samsung se A-reeks bied uitstekende funksionaliteit teen 'n fraksie van die prys van sy duurder S- en Note-reeks.

Dit wil dus voorkom of verbruikers keelvol raak vir duur slimfone en eerder goedkoper modelle kies wat beter waarde vir geld bied.

Die Chinese vervaardigers Oppo, Huawei en Xiaomi verskyn ook op die lys van gewildste toestelle wat verkope betref.

Huawei het met sy betreklik nuwe P30 egter teruggesak tot die tiende posisie op die lys.

Die P30 word oorskadu deur drie modelle van Oppo en die Xiaomi Redmi 7A, wat in Junie uitgereik is.

Hoewel iPhone wêreldwyd die ­topverkoper is, kraai Samsung steeds koning in Suid-Afrika waar dit reeds etlike jare die markleier is.

Teen einde November was bykans 45% van selfone wat plaaslike verkoop is 'n Samsung, gevolg deur Huawei, wat 'n markaandeel van om en by 27% het, volgens syfers van die marknavorsingsfirma StatCounter.

Apple se markaandeel is net meer as 13%, gevolg deur kleiner ­vervaardigers soos Sony, Hisense, Xiaomi en LG.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!