Diu00e9 gewilde motors gee bedryf u2019n hupstoot
Diu00e9 gewilde motors gee bedryf u2019n hupstoot

Dié gewilde motors gee bedryf ’n hupstoot

William Horne - Volgens die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa) se syfers vir September het die verkope van nuwe voertuie weer meer in pas gekom met verlede jaar se syfers ná ’n groot daling in Augustus.

September se verkope het met 0,9% gedaal op ’n jaargrondslag. Altesame 49 191 nuwe voertuie is in die land verkoop.

Al is dit ’n daling teenoor verlede jaar, is dit ’n groot herstel van Augustus se syfers, wat deurslaggewend verswak het tot 45 537.

Op ’n maandgrondslag het September se syfers dus met sowat 8% versterk.

Volgens Naamsa is die grootste drywer van die verbetering verkope aan motorverhuurders.

Uit die totale 49 191 nuwe voertuie wat tydens September verkoop is, is:
• 76,7% aan handelaars verkoop;
• 18,9% aan motorverhuurders;
• 3,1% aan maatskappye; en
• 1,3% aan die regering.

Motorverhuurders het veral op passasiersvoertuie, waarvan 33 139 in September verkoop is, ’n impak gehad.

Meer as een uit elke vier nuwe passasiersvoertuie wat in September verkoop is, is aan motorverhuurders verkoop, sê Naamsa.

Maar waar motorverhuurders die syfers onverwags ondersteun het, is die regering se bydrae steeds aan ’t kwyn.

’n Jaar gelede was die regering se bydrae tot die verkope van nuwe voertuie nader aan 3% in die derde kwartaal. Nou, soos die staat besteding inperk weens eise vir reddingsboeie aan staatsondernemings en ndie swak ekonomie, daal sy belangrike besteding in dié bedryf ook.

Nuwe voertuie wat uitgevoer is, het ook gedaal. In September is 35 657 voertuie uitgevoer, wat 3% minder is as in September 2018.

Naamsa is hoopvol dat uitvoersyfers vir die jaar steeds hoër gaan wees as in 2018, maar tesame met Absa se aankoopbestuurdersindeks (PMI) se prestasie Dinsdag is dié vooruitsig dalk nie so realisties nie.

Die PMI vir September het getuimel tot sy laagste vlak in meer as tien jaar soos vervaardiging in die land sukkel weens sowel plaaslike druk as kwynende internasionale koopkrag vir sy produkte, veral in Europa.

Só lyk die toppresterende uitvoerders in September se syfers:
• Volkswagen: 9 760
• Mercedes-Benz: 8 389
• Ford: 6 957

Maar watter motors het Suid-Afrikaners dan wel so gretig gekoop in September?

Die 5 topverkopers onder passasiersvoertuie in September:
• Volkswagen Polo Vivo – 2 540
• Volkswagen Polo – 2 326
• Toyota Corolla Quest – 1 353
• Ford Figo – 1 128
• Toyota Yaris – 925

Die 4 topverkopers onder bakkies in September:
• Toyota Hilux – 3 410
• Ford Ranger – 2 321
• Nissan NP200 – 2 250
• Isuzu D-Max – 1 197

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!