Diu00e9 krakers was te huur om miljoene te steel
Diu00e9 krakers was te huur om miljoene te steel

Dié krakers was te huur om miljoene te steel

'n Netwerk van kuberkrakers wat hul dienste uitverhuur het om, onder meer, US$100 miljoen by besighede en finansiële instellings te steel, is in Europa vasgetrek.

Die Europese polisiediens, Europol, het in samewerking met ses ander lande die kubermisdaadbende GozNym opgebreek.

GozNym het meer as 41 000 slag­offers gehad.

Die bende is betaal om die rekenaars van hul gegewe teikens te kraak en het sodoende toegang tot hul ­rekeninge gekry, waarna die geld gesteel is en dan deur hul affiliasies in die VSA en ander lande gewas is, het Europol Donderdag gesê.

Tien lede van GozNym is aangekla van sameswering om aanlyn bank­rekeninge en deposito's te steel.

Die kuberkrakers het na bewering hul twyfelagtige dienste op ondergrondse Russiessprekende aanlyn­forums bemark.

“Die GozNym-netwerk het perfek die konsep van 'kubermisdaad as 'n diens' uitgebeeld. Hulle het geld gesmous oor grense, kriptografiese dienste verskaf, bestoking toegepas, sagteware gekodeer, projekte georga­niseer en ook tegniese ondersteuning aangebied,” sê Europol.

Die krygsverrigting teen GozMyn het reeds in November 2016 begin toe 'n Duitse span in Oekraïne die toe nog ontwykende netwerk se aanbieders en ander hardeware vernietig het.

Strafregtelike vervolging het ook reeds in Georgië begin waar die netwerk se leier, wie Europol nie wil identifiseer nie, se verhoor sal geskied.

Ander verhore het ook al in Moldova en Oekraïne begin.

Vyf Russiese lede van GozMyn wat onder Amerikaanse reg aangekla word is nog op vrye voete, het Europol ­bevestig. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!