Dié kunstenaar het 'n onblusbare passie
Catherine Sasman - Sy sien haarself nie as ’n kunstenaar nie, nog nie, sê die beskeie me. Wilma de Bruin (korr), vanuit haar ruim en rustige huis op Outjo.
Al wat sy weet, is dat sy al van kleintyd af net moes teken en skilder, en dit is wat sy nog “altyd” gedoen het.
“Ek wil nie as kunstenaar bekend wees nie; dit is net iets wat ek doen omdat dit vir my lekker is,” sê Wilma.
Ondanks die nederigheid waarmee Wilma haar passie uitleef, is haar handewerk oral in die dorp en die omliggende omgewing te sien. Die kans is ook groot dat van die muurskilderye voor plaaslike ondernemings of op plaasborde of in lodges te sien is deur haar gedoen is.
Wilma het haar eerste kunsopdrag van ’n kerk op Outjo aanvaar wat ’n groot muurbehangsel wou hê, omdat sy ekstra geld wou verdien om haar dogter wat toe in graad 12 was, na ’n atletiekbyeenkoms in Kanada te stuur.
As kunsonderwyser by die Privaatskool Moria is sy gedurig besig om leerlinge te lei in kunsuitstallings en werk sy ywerig aan skouspelagtige toneelrekwisiete en kostuums.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie