Dié kwale moet SA se nuwe minister van gesondheid genees
Nellie Brand-Jonker – Die eerste nuwe minister van gesondheid in ’n dekade het ’n lang lys van krankhede in beide die staat- en private gesondheidsorgsektor wat hy sal moet genees.
Dr. Zweli Mkhize is in die plek van dr. Aaron Motsoaledi aangestel wat van 2009 af in die pos was.
Motsoaledi se twee termyne was tot die einde in omstredenheid gehul weens die probleme by staatshospitale.
Motsoaledi het fel kritiek op die private gesondheidsbedryf gehad, maar dit het dikwels voorgekom of dit net was om die aandag weg te lei van die probleme met staatshospitale.
Terselfdertyd moes lede van mediese skemas die afgelope tien jaar ervaar hoe hul premies onbekostigbaar word omdat belangrike wetsveranderinge nie gekom het wat dinge kon verlig het nie.
Onder Motsoaledi se toesig is ’n witskrif en die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) uitgereik en is begin met die dikwels onsuksesvolle implementering daarvan.
Die Mededingingskommissie het ook begin met ’n markondersoek oor die wegholkoste in die private gesondheidsorgsektor, maar neem reeds jare om by ’n finale verslag en aanbevelinge uit te kom.
Dit sal veral onder Mkhize se leiding interessant wees om te sien hoe hy NGV verder vat; van watter aanbevelinge van die markondersoek hy werk gaan maak; en hoe hy korrupsie en die kranklike staatsektor gaan genees.
“Mkhize se skuif na gesondheid is interessant en moet dopgehou word. Motsoaledi het beheer oor die ministerie en spesifiek NGV verloor,” het Peter Attard Montalto, hoof van navorsing oor kapitaalmarkte van Intellidex, gesê.
Die aktivistegroep Section 27 het in ’n verklaring verwys na die prioriteite wat Mkhize moet takel:
· Die voortgesette krisis in die openbare gesondheidsektor.
· ’n Strategie vir personeel in die gesondheidsbedryf.
· Infrastruktuur moet in stand gehou word.
· Korrupsie moet uitgewis word.
· Eerlike konsultasie oor NGV met alle relevante belangegroepe.
Section 27 sê: “Ons is bemoedig deur die aanstelling van Mkhize as die minister van gesondheid omdat hy omvattende ondervinding as ’n mediese dokter het en omdat hy LUR van gesondheid was, asook premier van KwaZulu-Natal.”
“Ons wil konstruktief met hom skakel om die voortgesette krisis in die openbare gesondheidsorgstelsel aan te spreek.”
Volgens Section 27 moet Mkhize “bitter dringend” verseker dat daar ’n deeglike strategie kom vir menslike hulpbronne in die gesondheidsbedryf en dat infrastruktuur instand gehou word.
“Gesondheid is geïdentifiseer as een van die mees weerlose sektore vir korrupsie. Die minister moet die nodige stappe doem om te verseker dat dié wat by korrupsie betrokke is in sy departement en in provinsiale departemente verwyder word en dat geskikte gekwalifiseerde en toegewyde persone aangestel word.”
Volgens Section27 word Mkhize ook versoek om in eerlike konsultasie oor die wetsontwerp oor NGV met alle betrokke belangegroepe te tree.
“In sy huidige vorm glo ons nie die wetsontwerp gaan aan sy belofte voldoen om gehalte-gesondheidsdienste te bring aan almal wat in Suid-Afrika woon en werk nie.
“Ons doen ’n beroep op die minister en die kantoor van die president om die konsultasieproses weer te heropen sodat ’n goed ontwerpe, wetlik gesonde en implementeerbare NGV so gou as moontlik gekry word.”
Prof. Alex van den Heever van die Universiteit van die Witwatersrand, sê Mkhize het ’n groot uitdaging wat voorlê omdat “sowel die private as openbare sektor ’n baie wesenlike ingryping van die regering benodig”.
“Daar is gebreke op verskeie gebiede wat nie deur Motsoaledi aangespreek is nie omdat hy nooit die politieke moed gehad het om die begunstiging in die gesondheidsektor aan te pak nie. Die vraag is of Mkhize die politieke moed gaan hê om die gesondheidstelsel te depolitiseer sodat die stelsel nie net vir ’n paar politieke hooggeplaastes werk nie, maar vir die mense van die land.”
“Ek hoop werklik hy gaan nie ontspoor word deur politieke belange nie en dat hy op werklike hervorming sal fokus.”
Wie is Zweli Mkhize?
Hy was tot nou minister van samewerkende regering en tradisionele sake.
Hy is 2 Februarie 1956 in Willowfontein in Pietermaritzburg gebore.
Hy het op 26 sy graad in medisyne aan die Universiteit van Natal gekry. In 1983 het hy sy internskap by die McCord-hospitaal voltooi en by die Edendale-hospitaal op Pietermaritzburg begin werk in 1984.
Hy het weens apartheid Suid-Afrika verlaat en het uiteindelik in Zimbabwe gewoon.
Met sy terugkeer in 1991 was hy deel van die ANC se nasionale gesondheidsekretariaat, wat getaak was met die ontwikkeling van die land se gesondheidsbeleid.
Hy is in 1994 as LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal aangestel en het in die pos gedien tot 2004, volgens sy amptelike inligting wat die regering verskaf.
Hy het van 2005 tot 2009 as die LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling in die provinsie gedien.
Hy was ook die premier van KwaZulu-Natal van Mei 2009 tot Augustus 2013.
Hy was ook die tesourier-generaal van die ANC.
Hy sê Mkhize was deel van die padkaart wat in 2008 ontwikkel is waarop Motsoaledi se tienpuntplan met sy eerste begrotingstoespraak in 2009 gegrond is. “Motsoaledi was veronderstel om die tienpuntplan te implementeer en het misluk daarmee.”
Die plan het ingesluit om die gebrek aan bestuursvaardighede in gesondheidsinstellings op te los en ’n strategie vir menslike hulpbronne te kry.
Van den Heever sê nog ’n probleem is die krisis van eise teen medici. Dit het ook ’n strategie nodig, want dis besig om die bedryf lam te lê. “Motsoaledi het net geblaf oor die probleem, maar het nooit iets wesenlik gedoen nie.”
Dr. Shrey Viranna, uitvoerende hoof van die Life Healthcare-hospitaalgroep, sê die mense wat Mkhize ken en iets van hom weet, weet hy het ’n “sterk agtergrond in gesondheidsorg, nie net ten opsigte van beleid nie, maar ook in sy toewyding om dienslewering te laat geskied”.
Discovery Health se uitvoerende hoof, dr. Jonathan Broomberg, en die hoofbeampte van die reuse- mediese fonds wat deur die maatskappy bestuur word, dr. Nozipho Sangweni, het gesê hulle verwelkom sy aanstelling.
“Mkhize bring ’n groot reeks relevante vaardighede en ondervinding na die rol. Ons is baie optimisties dat hy wesenlike vordering sal maak daarmee om die baie kopsere in die openbare en private gesondheidsektor aan te pak asook met die implementering van ’n NGV-stelsel.”
Patrick Masobe, uitvoerende hoof van die administrateur Agility Health, het ook sy aanstelling verwelkom.
Masobe sê sy aanstelling kom op draaipunt in die gesondheidsbedryf. “Hy het ’n lang en uitmuntende loopbaan en bring buitegewone diep ervaring na sy nuwe pos.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie