Dié lodges is uitnemend
Vier van Gondwana Collection Namibia se lodges het sertifikate van uitnemendheid van TripAdvisor ontvang danksy uitstekende resensies wat hulle in 2017 ontvang het.
Kalahari Farmhouse, The Delight Swakopmund, Namib Dune Star Camp en Eagle's Nest Chalets van Gondwana se bemarkingsvennoot, Klein-Aus Vista, het dié sertifikate ontvang.
TripAdvisor is die wêreld se grootste reiswebwerf en 'n gewilde inligtingsbron oor enige plek in die wêreld.
Dit word deur 455 miljoen mense per maand besoek.
Hulle kies uit 570 miljoen resensies en terugvoer van reisigers en voeg hul eie ervarings van 7,3 miljoen akkommodasieplekke, lugrederye, besienswaardighede en restaurante by.
“Ons lodges is deel van die 10% uitstekende akkommodasieplekke wat dié toekenning ontvang het.
“Gaste se kommentaar het daartoe bygedra dat ons so goed gedoen het. 'n Sertifikaat (van uitnemendheid) word uitgereik wanneer 'n lodge in een jaar uitstekende punte op TripAdvisor ontvang het. Genoeg mense moet ten minste vier uit vyf punte toeken,” het me. Inke Stoldt van Gondwana Collection Namibia gesê.
Kalahari Farmhouse, Namib Dune Star Camp en Eagle's Nest Chalets is almal in die Suide geleë, terwyl The Delight op Swakopmund is.
Gondwana Collection het hul lodges in 2010 op TripAdvisor gelys. Sedertdien het die groep elke jaar sertifikate van uitnemendheid ontvang.
Canyon Lodge, Klein-Aus Vista se Desert Horse Inn, Eagle's Nest en Kalahari Anib Lodge is selfs in 2015 in TripAdvisor se Hall of Fame opgeneem, nadat dié sertifikaat vyf jaar ná mekaar aan hulle toegeken is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie