Dié lorrie vir die boer
Toyota se taai nuwe Hino 500-reeks met sy wye bak is die ideale vragmotor vir die vervoer van lewende hawe.
Yochanaan Coetzee - Hulle sê 'n boer word nie gemaak nie, maar gebore. Die een ding wat ’n suksesvolle boer van die ander onderskei, is as hy bereid is om die bronne tot sy beskikkking in die regte toerusting en voertuie te belê.
Die plaas is ook ’n wêreld waar handelsmerke nie oor modevoorkeure gaan nie, maar oor produkte wat die boer, sy familie en sy bestuurspan goeie waarde vir geld sowel as gemoedsrus bied.
Een van daardie handelsmerke is Toyota en vir daardie rede beslis ook Hino.
Toyota se vragmotorafdeling bestaan al 75 jaar en is ’n staatmaker onder boere in Namibië. Dit is al vir 44 jaar aan van die grootste vervaardigers van swaar en ekstra swaar voertuie gekoppel.
Die nuwe Hino 500 Wide Cab is verlede week in Namibië bekend gestel en die nuutste model beloof om op die onoortreflike vertroue wat die ou model oor die afgelope 14 jaar onder boere, bouers en vervoerondernemers opgebou het, voort te bou.
Mnr. Mamoru Tamazawa, hoofingenieur van die wyebak-Hino 500, het gesê die ontwerpspan se fokus met die nuwe Hino 500-projek was om verder te verbeter op Hino se reputasie vir uitstaande gehalte, duursaamheid en betroubaarheid.
Slim en ekonomies
Terwyl die uitstoot en brandstofverbruik verminder is, was dit vir hulle uiters belangrik om te verseker dat die nuwe model in alle opsigte 'n beter bestuurervaring bied.
Die Hino 500-modelreeks is uitgebrei om aan die behoeftes van enige kliënt en enige omstandighede te voldoen en sluit vir die eerste keer 6x4-modelle in. 'n Ongelooflike sesspoed Allison outomatiese ratkas hou brandstofverbruik ekonomies en binne perke. Die outomatiese uitlaatrem doen sy ding die oomblik as die voet van die vet af gelig word.
Die nuwe breërbakmodelle speel klaar met vragte van 16 tot 28 ton, maar die huidige 6 en 8 ton-modelle bly onveranderd om 'n goeie rede - hulle werk!
Ander nuwe eienskappe van die nuwe modelle sluit in die opsie van 'n lang of ekstra lang as op die 4X2- en 6X2-weergawes, en lug- of staalvere.
Hino sê die staalvere is die normale keuse, maar die nuwe lugvere bied die gerief dat die laaibak outomaties verlaag kan word, indien jy byvoorbeeld ’n swaar vrag makliker wil op- of aflaai.
Die hoogte kan ook van buite die kajuit met ’n handeenheid beheer word.
Daar is voortaan drie nuwe 6x4-modelle, almal met die keuse van ’n robuuste kajuit. Die vragmotors kan as vragdraers, kantelbakke of mengervragmotors ingespan word.
Die enjinkompartement is breër om die groter en sterker enjins te pas. 'n Nuwe, groter vooras bied verhoogde vragvermoë - van 5,5 tot 7,5 ton - en 'n draaisirkel wat 7% strawwer is.
Aanvanklik wou ons nie glo dat so 'n groot vragmotor so maklik kon draai nie. Gemeet teen 'n Hilux-bakkie was sy vermoë om op nou veldpaaie en bedrywige boupersele te werk, onoortreflik.
Drie enjins word nou in die 500-reeks gebruik - almal sterker en meer ekonomies as die vorige reeks s'n.
Die nuutste modelle het 'n reeks enjins wat strek van 191 kW en wringkrag van 794 Nm, 206 kW en 883 Nm, sowel as die 11 liter wat 257 kW en 1 275 Nm ontwikkel. Nog 'n verbetering is die verkoeler wat 65 mm breër is.
Die groter kajuit het 'n nuwe voorkoms en gevoel en bied groter gerief.
Twee opsies is beskikbaar, afhangende van die model.
Veiligheid en sekuriteit
Verskeie belangrike veiligheids- en sekuriteitseienskappe is in die nuwe 500-reeks ingebou.
Dit sluit in 'n bestuurder-lugsak, ABS-remme, die Hino "Easy Start", wat jou uit die moelikheid sal hou as jy stilhou om na bande te kyk of om bos toe te hardloop, 'n enjin-immobiliseerder en 'n sentrale sluitstelsel.
As die vervaardiger van Toyota-modelle soos die Land Cruiser Prado, FJ Cruiser en Dyna ligte vragmotor, kan Hino se vermoë nie betwyfel word nie. Sy prestasie in die Dakar-tydren is ook 'n wonderlike rekord van betroubaarheid.
Kontak gerus vir Pupkewitz Hino by (061)291-6400 vir meer inligting oor hierdie opwindende, nuwe reeks vragmotors.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie