Dié pretskip laat ander soos vissersbote lyk
Die Titanic sal sommer soos ’n vissersboot lyk as hy langs die wêreld se grootste passasierskip lê.
Die nuwe drywende hotel, die Harmony of the Seas, is 362 m lank – gelykstaande aan byna vier rugbyvelde. Die Titanic was 296 m lank.
Hy het vandeesweek by die Southampton-hawe in Engeland aangekom van waar dit volgende week sy eerste vaart na Barcelona in Spanje, sal begin.
Luidens ’n verklaring van Royal Caribbean International het dit 32 maande geneem om die skip van 226 963 ton te bou.
Michael Bayley, hoof van Royal Caribbean International, sê in ’n verklaring die Harmony of the Seas herdefinieer die begrip vakansie.
“Jy gaan jou eie avontuurreis kan skep met opwindende aktiwiteite aan boord en asemrowende bestemmings.”
Die Harmony of the Seas sal in November by sy tuishawe, Port Everglades in die Amerikaanse deelstaat Florida, aankom van waar hy sewe nagvaarte na die Karibiese Eilande gaan onderneem. Die goedkoopste vaart sal ongeveer N$18 000 kos. - Netwerk24
BLOKKIE
ALLES OOR DIE SKIP
SPESIFIKASIES:
Wydte: 66,4 m
Spoed: 22 knope
Dekke: 18
Hysbakke vir passasiers: 24
Bemanningslede: 2 100
Passasiers: 6 780
Kajuite: 2 747
Totale boukoste: R15,6 miljard
GERIEWE AAN BOORD:
- ’n Waterglybaan wat tien verdiepings hoog is en drie waterpretparke;
- twee rotsklimmure wat elk 13 m hoog is, ’n ysskaatsbaan en ’n basketbalbaan;
- 24 swembaddens;
- 20 onthaalsale;
- ’n park met 50 bome waarvan ’n paar ses m hoog is;
- ’n 3D-rolprentteater;
- ’n casino, verskeie kroeë, nagklubs, jazzkroeë, karaokekroeë en komedieklubs;
- ’n groot winkelsentrum;
- ’n spa, gimnasium en verskeie ander sportgeriewe;
- ’n teater waarin Broadway-musiekblyspele opgevoer sal word en ander konsertsale;
- sewe buurte, elkeen met sy eie styl; en
- 11 252 kunswerke en 10 587 plante.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie