• Tuisblad
  • Sport
  • Dié reekssege is te danke aan ons almal, sê Faf
Diu00e9 reekssege is te danke aan ons almal, su00ea Faf
Diu00e9 reekssege is te danke aan ons almal, su00ea Faf

Dié reekssege is te danke aan ons almal, sê Faf

Krieket
Tielman van Lill
Sportredaksie



As jy vooraf aan die Suid-Afrikaanse krieketspan gesê het hy sou die Aussies sonder twee sterre soos AB de Villiers en Dale Steyn moes pak, sou hy maar redelik moedeloos op die vliegtuig Australië toe geklim het, sê Faf du Plessis. Dat hulle nou terugkom huis toe met die soet smaak van hul derde agtereenvolgende reekssege in die Aussies se agterplaas, is dus ''n pluimpie vir elke speler wat Doer Onder in aksie was.

“Die lekkerste ding is dat almal in die span hul spelpeil gelig en meer as hul deel bygedra het,” het Du Plessis, die Proteas se instaankaptein, Sondag gesê nadat die reeks in Adelaide­ geëindig het. Australië het die derde middagaand-toets in Adelaide binne vier dae met sewe paaltjies gewen, maar steeds met 2-1 vasgeval in die reeks. Suid-Afrika se aanvangsbouler Vernon Philander is as die Speler van die Reeks aangewys.

“Regdeur die reeks het ons vanuit ''n kolfperspektief nie net op een kolwer staatgemaak nie en ons boulaanval het op verskillende tye goed gevaar,” het Du Plessis gesê.

“Ons sending was suksesvol. Die laaste vier dae het nie volgens plan verloop nie, maar dit is fantasties om Australië met 2-1 te klop. Om dit drie keer agtereenvolgens (in Australië) te vermag, is absoluut wonderlik.”

Die Proteas, wat aanvanklik erg skepties was oor die idee van ''n pienkbaltoets (vir middagaand-­toestande), was Sondag ná die wedstryd baie meer positief daaroor. Du Plessis het gesê hy sal graag meer aandwedstryde wil speel.

“Ons was baie skepties oor die pienk bal, maar noudat ons ''n wedstryd gespeel het, minder so. Ek sal graag in meer wedstryde met dié bal wil speel. Die spreiligte by ons velde sal dan baie moet verbeter.”

Philander het gesê hy sal ook graag meer wedstryde met die pienk bal wil speel.

“Ons sal baie meer daarmee moet speel sodat jy met die bal kan eksperimenteer,” het die naatbouler gesê.

Die Aussies het met Sondag se oorwinning ''n einde gebring aan ''n reeks agtereenvolgende nederlae. Die Australiërs het in September en Oktober ''n reeks in Sri Lanka met 0-3 verloor. Daarna het die Proteas die eerste toets in Perth met 177 lopies gewen. Die tuisspan het in Hobart met ''n beurt en 80 lopies verloor.

“Hulle het nie die sielkundige letsels gehad van die vorige vyf nederlae nie. Hulle kon inkom en net hul natuurlike spel speel,” het Smith ná die toets op die nuuskonferensie gesê.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!