Dié siener is ‘die ware Jakob’
Die heldersiende Gerald Burger, wat jare gelede in die kol was oor die Laingsburg-vloede van 25 Januarie 1981, is van 24 April af deel van kykNET se nuwe werklikheidsreeks, Die Siener.
In dié program gaan hy mense met verskillende kwessies help – van mense wat gesterf het en nie kan aanbeweeg nie tot bonatuurlike verskynsels wat inwoners teister.
Gerald het van jongs af al besef hy het die gawe om die toekoms te voorspel, en deesdae werk hy voltyds as heldersiende.
Hy word ook gereeld gevra om ontslae te raak van bonatuurlike verskynsels wat mense in hul huise traumatiseer.
In Die Siener doen Gerald lesings vir ‘n verskeidenheid mense om hul verlede, toekoms en huidige situasie in oënskou te neem.
Hy help ook om van kwelgeeste in huise ontslae te raak en besoek bekende “spookplekke” soos die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad, die Lord Milner-hotel op Matjiesfontein en Rudd House op Kimberley om vas te stel of dit werklik daar spook.
“Ek sal graag wil help waar ek kan met die talent wat ek ontvang het,” sê Gerald.
“Daar is soveel hartseer daar buite – my hart gaan uit aan elkeen wie se pad myne kruis. Ek wil troos en berusting bring. Ek wil ook diegene wat nie meer met ons is nie, help om aan te beweeg.”
Rian van Heerden, vervaardiger van Die Siener, probeer Gerald se talent al jare lank verklaar.
“Ek ken hom al jare en sukkel om te begryp hoe hy doen wat hy doen. Ek weet wel twee goed: Gerald is die ware Jakob en daar is baie dinge op hierdie aarde wat ons nooit sal kan verklaar nie. Die Siener is ‘n reeks waarvan die inhoud nog nooit tevore op Suid-Afrikaanse TV gesien is nie. Maak gereed vir ‘n onvergeetlike reeks!”
Die Siener word van 24 April af Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie