Dié skoenmaker hou hom by sy lees
Tanja Bause
Ses jaar gelede het mnr. Kalisto Mhaka sy besigheid, Pioneer Leatherworks and Upholstering, in Katutura begin.
Hy het ontwerp as vak op skool geneem en begin om sy eie skoene te ontwerp en te maak.
Hierna is Mhaka Suid-Afrika toe om meer oor stoffering te leer. Met sy terugkeer het hy sy besigheid oopgemaak.
“Ons maak leerhandsakke, -skoene en -gordels. Ons maak ook meubels en knap meubels op dat dit nuut lyk,” het hy gesê.
Vandag is Mhaka se werkswinkel langs Onafhanklikheidsrylaan in Katutura onder 'n klein afdakkie geleë. Teen die draad hang plakkies wat hy gemaak het.
“Die skoene word uit leer en springbokvel gemaak en die sole uit ou buitebande,” sê hy.
Mhaka se groot droom is om eendag 'n opleidingskool te hê waar hy jongmense in stoffering en skoenmakery kan oplei.
“Ek het baie ervaring en wil dit graag met ander jongmense deel sodat hulle vir hulself kan werk,” het hy gesê.
Tans het hy een werker in diens, maar hy hoop om in die toekoms uit te brei sodat hy meer werk kan skep.
Volgens hom is die bemarking van sy besigheid die grootste uitdaging.
“Bemarking kos geld, geld wat ek nie nou het nie,” sê hy.
Tog is Mhaka tevrede met die inkomste wat sy besigheid voortbring en dat hy sy familie en een kind daarmee kan onderhou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie