Dié slimkoppe is graad 11 se bestes
Onderwysredaksie
Vra die slimmes hoe hulle dit reggekry het om onder die toptien in die land te eindig in die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO)-eksamens vir graad 11’s, en die antwoord is deurgaans dieselfde: harde werk.
Republikein het met die top-10-presteerders gesels oor die geheim van hul sukses en die pad vorentoe.
Enobong Akpabio (1) van Rev Juuso Shikongo Senior Sekondêre Skool in die Oshikotostreek sê sy het die eerste plek verwerf deur harde werk en toewyding. “Ek moet sê dit het vrugte afgewerp. Maar ek het ook genoeg gerus.
“Ek beplan om vir ’n geoktrooieerde rekenmeester te studeer nadat ek hoërskool voltooi het.”
Hendrik Smit van Walvisbaai Privaatskool het tweede plek behaal. Hy sê: “Gee aandag en volg die personeel se raad. Vra die vrae wat niemand anders vra nie. Doen meer as wat van jou verwag word. Dis die enigste manier om die verwagtinge wat mense van jou het, te oorkom.
“Ek gaan vanjaar my graad 12-AS-vlak aanpak met wiskunde, fisika, chemie, Engels as eerste taal en ontwerp en tegnologie.
“Aan diegene wat NSSCO skryf en NSSCAS, raai ek aan om te streef na wat niemand nog bereik het nie. Mislukking vorm deel van die pad na sukses en jy moet dus nie bang daarvoor wees en nie toelaat dat dit jou definieer nie.”
Mia Van Wyk (3) ook van Walvisbaai Privaatskool sê dit het haar gehelp om deur al haar foute te werk. “Ek het deur moeilike konsepte en berekeninge gewerk en dit het my gehelp om die werk te verstaan.
“Hierdie jaar neem ek graad 12-AS-vlak. Ek neem fisika, chemie, wiskunde, rekeningkunde en Engels eerste taal.
“Ek raai die huidige graad 11/12-leerlinge aan om nie moed op te gee nie. As jy met die regte metodes aanhou werk en jouself druk, sal jy verbeter.”
Taro Samuelson (4) van Windhoek Gimnasium het sy wenresep gedeel: 3 teelepels koffie 1 teelepel kondensmelk 250 ml kookwater 50 ml melk (5 x per dag vir die beste resultate).
“Die enigste resep vir sukses is koffie en deursettingsvermoë.
“Ek het lank voor die eksamenreeks begin leer, en laat aande gesit, maar dit was 100% die moeite werd.
“Ná ek AS voltooi het, wil ek bitter graag by ’n universiteit in Kanada gaan studeer, naby Toronto. Rekenaaringenieurswese is definitief vir my, en ek sien uit om myself in dié rigting te bekwaam.”
Max Feilmeier (5) van Delta Sekondêre Skool sê sy hoofbestanddeel vir sukses is waarskynlik sy liefde vir ontdekking.
“Om oplossings vir probleme op my eie te vind, deur vooraf geleerde of ontdekte idees te gebruik.
“Laastens, hou ek daarvan om te wen. Daar is min wat meer bevredigend is as om te bewys ek is bereid en in staat om verder as die aanvaarde normaal te druk.
“Hierdie jaar maak ek met die AS-kursus by Delta Sekondêre Skool klaar. Ek sal ook daarop fokus om nie hierdie keer 5de, 4de, 3de en beslis nie 2de te kom nie, maar eerste plek te behaal.”
Vir Mioné Garbers (6) van Windhoek Gimnasium is die heel belangrikste om sukses te behaal, is om ’n balans te handhaaf.
“Behalwe om te leer, moet ek sport doen, tyd saam met my familie en vriende deurbring en ek moet nou en dan heeltemal afskakel en net ontspan.
“Ek wil graag medies in Suid-Afrika gaan studeer, verkieslik by die Universiteit van Pretoria.”
Aneska Volker (7) ook van Windhoek Gimnasium, glo dat wanneer die lewe jou uitdaag en jou platslaan, moet jy opstaan en weer probeer.
“Probeer weer, maar hierdie keer twee keer so hard.
“Ek beplan om megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.”
Chris Fourie (8) van Walvisbaai Privaatskool se suksesresep is om hard te werk en altyd te probeer om die maksimum te bereik en nooit tevrede met net goed genoeg te wees as dit kom by enigiets wat hy gedoen het nie.
“Hierdie jaar probeer ek my matriekjaar soveel as moontlik geniet en probeer nuwe dinge terwyl ek probeer om ’n balans te handhaaf ten opsigte van my akademie.
“My raad vir hierdie jaar se graad 12's sal wees om nie met goed genoeg tevrede te wees nie en hulself altyd te druk om beter te doen en daarna te streef om hul beste te lewer.”
Vir Rhosta Lyatumba (9) van Jan Mohr Sekondêre Skool is haar hoof “wapen” gebed.
“Ek glo werklik as dit nie vir God was nie, sou ek nie naastenby dit bereik het wat ek bereik het nie.
“Die belangrikste is ook om in jouself te glo. Ten volle. Ten spyte van statistieke, of wat mense vir jou sê.
“Hierdie jaar beoog ek om my AS-vlak te doen. Ek is van plan om baie harder te werk as wat ek verlede jaar gewerk het, sodat ek selfs groter hoogtes kan bereik.”
Lize-Mari Harmse (10) van Windhoek Gimnasium sê dit is belangrik om te weet wanneer om hard te werk en wanneer om te ontspan.
“Dit gaan alles oor balans. Ook om nooit te vergeet dat al jou krag van Bo kom nie.
“Ek wil baie graag medies studeer en daarna die wêreld verken.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie