Diabetes, kanker styg onder mans
Diabetes, kanker styg onder mans

Diabetes, kanker styg onder mans

Die Kankervereniging van Namibië se uitvoerende hoof sê stigmas moet afgebreek word sodat ’n oop gesprek oor mans se gesondheid gevoer kan word.
Die voorkoms van siektes soos hoë bloeddruk, diabetes, hartsiektes en prostaatkanker is besig om vinnig onder Namibiese mans toe te neem.

Buiten MIV-infekteringskoerse by mans wat steeds styg, word al hoe meer Namibiese mans met kanker gediagnoseer.

Volgens die Kankervereniging van Namibië (CAN) se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, is die onderwerpe van depressie en geestesgesondheid onder die manlike geslag dikwels taboe.

"Eers wanneer ons mans se gesondheid meer proaktief benader, gaan ons die stigmas breek en 'n oop gesprek kan begin waar mans gemaklik voel om te praat en nie as swakkelinge uitgesonder word nie," het Hansen gesê.

In Junie val die fokus op mans se gesondheid, en hiermee saam bied CAN twee informele geleenthede aan waartydens mans en hul families kan saamkuier.

Op 30 Junie sal CAN gasheer van 'n steakbraai wees wat deur Namibia Health Plan (NHP) geborg word.

Dit vind by die Doc Jubber-velde in Olympia plaas.

Geld wat tydens dié geleentheid ingesamel word, sal aangewend word ten bate van die gesondheidskliniek vir mans, wat op prostaat- en testikulêre kankers fokus.

Kaartjies vir die steakbraai kos N$350 per persoon en sluit 'n interaktiewe gesondheidspraatjie, gevolg deur 'n steak-aandete in.

Die musikante Paul Chix Herbst en Zirk Jansen sorg vir die musiek.

'n Kontantkroeg is beskikbaar, en ’n gelukstrekking sal plaasvind waartydens gratis verblyf en geskenkpakke gewen kan word.

Vir meer inligting, skakel CAN by (061) 237 740 of besoek www.webtickets.com.na.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!