Diack moet 4 jaar tronkstraf kry, su00ea aanklaer
Diack moet 4 jaar tronkstraf kry, su00ea aanklaer

Diack moet 4 jaar tronkstraf kry, sê aanklaer

Atletiek
Tielman van Lill
’n Franse hof is gevra om Lamine Diack, die voormalige hoof van atletiek se wêreldbeheerliggaam, vir minstens vier jaar tronk toe te stuur.

Diack word tans verhoor op aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verbind word met die Russiese opkikker-skandaal wat die sportwêreld geruk het.

Arnaud de Laguiche, die aanklaer, het aan die drie regters gesê Diack en sy seun, Papa Massata Diack, was deel van die knoeiery waarin Russiese atlete miljoene euros se omkoopgeld moes betaal om die feit dat hulle hul opkikkertoetse gefaal het, toe te smeer en met hul deelname kon voortgaan.

“Dit was korrupsie op alle vlakke,” het De Laguiche gesê.

Die 87-jarige Diack, wat van 1999 tot 2015 in beheer van die IAAF was voordat Sebastian Coe oorgeneem het, word ook daarvan beskuldig dat hy US$1,5 miljoen (bykans R26 miljoen) van Rusland bekom het terwyl hy besig was om oor borgskappe en uitsaairegte te onderhandel sodat hy die Senegalese politikus Macky Sall se veldtog in die land se presidensiële verkiesing in 2012 kon steun. Dít was glo in ruil daarvoor om die prosedures vir die opkikkertoetse te vertraag.

Indien Diack skuldig bevind word, kan hy ’n maksimum tronkstraf van tien jaar opgelê word.

Diack het egter getuig dat hy nie die atlete wou beskerm nie, maar eerder wou verseker dat die opkikkersake nie rugbaar word en ’n skandaal veroorsaak nie.

Talle van dié atlete het later aan die Olimpiese Spele in Londen in 2012 deelgeneem.

Luidens Diack was finansiële sake van die IAAF, wat intussen na Wêreldatletiek hernoem is, destyds beroerd en die vertraagde opkikkersake het gehelp om ’n borgskapsooreenkoms met die Russiese bank VTB te behou.

Die aanklaer het egter gesê Diack het daaraan gewoond geraak om “soos ’n keiser te leef”. Hy het ook gevra dat Papa Massata, wat uit Frankryk na sy geboorteland gevlug het toe die Franse ondersoek begin het, vyf jaar tronkstraf opgelê word. H­y is in absentia verhoor.

’n Prokureur van Wêreldatletiek het aan die hof gesê dat dié liggaam €41,2 miljoen aan skadevergoeding eis.

“Hulle het die eer van atletiek vernietig. Die groot borge is weg. Ons moes die IAAF-handelsnaam oorboord gooi.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!