Diamantsmokkelaars trap in polisie-strik
Jeanette Diergaardt – Die drie mans wat gister met ses ongeslypte diamante in hul besit in Windhoek betrap is, is op N$2 000 se borgtog vrygelaat.
Hul saak is tot 29 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.
Mnre. Elia Kambo (42), José dos Santos (45) en Abumandi Kangombe (36) het vanmiddag in die landdroshof voor landdros Samunzala Linus Samunzala op klagte van die besit en verkoop van ongeslypte diamante verskyn.
Die staatsaanklaer was mnr. Rowan Van Wyk.
Die beskuldigdes is by die Eros-inkoopsentrem deur die polisie in hegtenis geneem nadat speurders hulself as potensiële kopers voorgedoen het en die mans in ‘n lokval gelei het.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê een van die beskuldigdes is ‘n werknemer van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Die persoon het glo een van die ministerie se motors gebruik om die diamante te vervoer.
Daar is ook beslag op die motor gelê en dit is nog nie bekend wat die waarde van die diamante is nie.
FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie