Diamantsmokkelaars trap in polisiestrik
Diamantsmokkelaars trap in polisiestrik

Diamantsmokkelaars trap in polisiestrik

Een van die beskuldigdes is glo ‘n werknemer van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.
Elvira Hattingh
Jeanette Diergaardt – Die drie mans wat Donderdag met ses ongeslypte diamante in hul besit in Windhoek betrap is, is op N$2 000 se borgtog vrygelaat.

Die hof het die aanvanklike bedrag van N$3 000 se borggeld aangepas, nadat die beskuldigdes aangedui het hulle is nie finansieel in staat om die hoër bedrag te betaal nie.

Hul saak is tot 29 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Mnre. Elia Kambo (42), José dos Santos (45) en Abumandi Kangombe (36) het Vrydagmiddag in die landdroshof voor landdros Samunzala Linus Samunzala op klagte van die besit en verkoop van ongeslypte diamante verskyn.

Die staatsaanklaer was mnr. Rowan van Wyk.

Die beskuldigdes is by die Eros-inkoopsentrum deur die polisie in hegtenis geneem nadat speurders hulself as potensiële kopers voorgedoen het en die mans in ‘n lokval gelei het.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê een van die beskuldigdes is ‘n werknemer van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Die persoon het glo een van die ministerie se voertuie gebruik om die diamante te vervoer.

Beslag is ook op die motor gelê. Dit is nog onbekend wat die waarde van die diamante is.

Van die borgvoorwaardes sluit in dat die beskuldigdes nie by die ondersoek mag inmeng nie en gereeld by hul ondersoekbeampte moet aanmeld. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!