Diamond wil steeds Barclays se Afrika-belang hê
’n Groep beleggers, wat Bob Diamond, die voormalige hoof van Barclays, insluit, wil steeds ’n belang in die Britse bank se Afrika-bedrywighede te koop.
Dit is ten spyte daarvan dat die groot belegger in die konsortium, Carlyle Group, kop uitgetrek het, sê bronne met kennis van die saak.
Diamond wil Barclays se oorblywende belang van 50% in Barclays Africa, wat Absa insluit, deur sy beleggingsmaatskappy, Atlas Merchant Capital, koop.
Dit kom nadat Barclays in Maart gesê het hy gaan sy belang in die Afrika-afdeling begin afverkoop.
Die konsortium bestaan uit ’n groep van “toegewyde langtermyn- strategiese beleggers”, het Diamond in April gesê, maar die bronne sê Carlyle se besluit gaan nie die groep keer om die belang steeds na te streef nie.
Carlyle se onttrekking aan die konsortium is verwant aan Olivier Sarkozy, die maatskappy se finansiëledienstehoof, wat Carlyle in Mei verlaat het.
Nie Carlyle of Barclays wou kommentaar lewer nie.
Barclays is op soek na ’n koper vir Barclays Africa, maar hy hou ook nog die opsie om die belang in dele op die ope mark deur die JSE te verkoop.
Op 4 Mei het hy ’n belang van 12,2% verkoop as deel van sy doelwit om die totale belang teen Maart 2019 onder 20% te kry. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie