Die 5 km-'puzzle'
Anderdag sit ek by die huis en besluit dis weer tyd om iets vreemds aan te pak.
Vreemd in die sin dat ek dit nie elke dag sou doen nie. Of dit verg bietjie meer aandag as die normale, alledaagse roetine.
Vir ‘n wyle wonder ek wat dit kan wees, en oorweeg alle opsies. Gaan dit my sakke vol geld kos? En is nóg ‘n geskeurde ligament ’n moontlikheid en die moeite werd?
Toe begin ek ‘n puzzle bou, een wat ek nog uit die Kaap uit saamgebring het.
Vaderland, nee, man. Dit was regtig nie vir my nie.
Dit werk geheel en al nie.
Eerstens val ‘n legkaartstuk elke 20 sekondes op die vloer en terwyl ek afbuig om dit op te tel, haak my hamburgerpens aan die tafeldoek vas en die halwe seetoneel gaan saam met die tafeldoek grond toe.
Dit het ‘n paar dae so aangehou, toe gooi ek handdoek in.
So hardloop ek deur die lys van uit-my-baan dinge. Probeer weer ‘n vreemde dieet? Nee. Verf verder aan die skildery van 2014? Ja wat, maar dis ook té in my baan.
Kook iets Mediterreens? Miskien, maar die bestanddele is nie een binne die landsgrense te vinde nie. Wat bly oor? Ek weet nie. Dalk ‘n tatoe. Nee, ek lyk reeds soos ‘n sudoku.
Iewers verlede week seg ‘n kollega van my sy stap of draf saans 153 keer om haar blok. Sy wil fiks word en uiteindelik aan een van hierdie immer gewilde parkrun-fun run-bedrywe deelneem.
“Mag ‘n mens dit stap?” vra ek.
Sy sê: “Ja, jy mag doen net wat jy wil.”
“Goed,” sê ek, “skryf my naam op. Ek sal een probeer.”
Só reël sy intussen dat ons hier iewers, net buite Windhoek, aan een van hierdie stappies deelneem. Ah, dink ek, dís nou die vreemde ding wat ek aanpak. Deal.
Ek’t natuurlik geweet dit gaan ‘n uitdaging wees – net omdat dit vreemd is. Ek het laas in gr.10 gehardloop – net omdat ek moes. As die verhoog brand, hardloop jy maar agter die massas aan.
Maar ek was reg vir iets anders. En dit sou my net goed doen.
Saterdagoggend is ek in my tekke, ‘n soort oefenbroek (ek slaap winters in hom) en ‘n T-shirt wat ek by Green Market Square, in Kaapstad, ‘n paar jaar gelede gekoop het.
Ek lyk soos ‘n kunsbeweging wat weens ‘n begrotingstekort nooit plaasgevind het nie, maar my entoesiasme is genoeg verduideliking.
‘n Ander kollega van my skryf intussen ook haar naam op die lys, sy gaan saam stap. Hulle tel my 07:00 voor my huis op.
“Moet ons nie drop nie,” sê die laatlamstapper.
“Jy sal dit geniet,” sê die voorloper.
Ek sê: “Moenie stres nie. Ek sal reg wees.”
Seweuur staan ek reg soos een op ‘n treinstasie wat vir diensplig aanmeld.
Ek klim agter in die kar, groet en gesels oor die week se moontlike artikels. Ons kom by die wegspringpunt aan en oral is mense in designer-pakkies.
Party het stootwaentjies met 4 x 4-wiele.
Daar is ander wat hul brakkies saamgebring het, en teen ‘n halfgeboude muur warm twee blondes hul kuite, bobene en arms op.
Ons staan in die skadu en rook gou ‘n laaste skyf voor die skoot klap.
Toe sê ‘n tannie oor ‘n luidspreker ons moet naderstaan, want die bedryf gaan nou begin.
“Dis darem net 5 km,” sê sy asof sy dit toe-oë, agteruit sou kon doen.
Nou trop die hele mense by die wegspringpunt saam en toe tel ons van tien af een toe.
Woeps!, hardloop die twee blondes vooruit, gevolg deur die kinderkrans.
Die DBV is tussen ons en die modelatlete.
“Ons moet seker begin,” sê ek vir Laatlamstapper.
Ek draai my rook se nek af.
“Nou maar toe, hy gaan homself nie loop nie,” antwoord sy.
Terwyl ek loop, besef ek iets. Dis nie baanbreker nie, maar dit het wel moontlikhede.
Hoewel baie van die individue wat nou daar rondgespring het nie my soort mense is nie, moes almal die vorige aand vroeg gaan slaap, en weer vroeg opstaan, sielkundig voorberei en heeltyd terwyl hulle draf, stap of trippel, gefokus bly om darem net die 5 km klaar te kan maak.
Elke deelnemer het ‘n plan gehad, ‘n metode om die eindstreep te haal.
Toe dink ek weer aan die puzzle. As elkeen net moeite met sy stukkie doen, en op sy 5 km fokus, het ons binnekort ‘n groot, perfekte prentjie.
En mense met ‘n doel.
En dís van kardinale belang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie