Die ABC van entstowwe
Meer as twee eeue terug het ’n man ’n seun se lewe gered met inenting van ’n entstof – die eerste stap wat later tot die globale uitwissing van pokke sou lei.
Henriette Lamprecht – Dit word die nuwe Koue Oorlog genoem – dié wat teen en die wat vir is.
Daar is dié wat reken ’n entstof teen Covid-19 is net té vinnig en té skielik iewers in ’n donker laboratorium en onder verdagte omstandighede ontwikkel, sommer so met ’n bietjie soutwater en iewers ’n woeste kiem.
Iewers wil iemand net miljoene maak – natuurlik die sogenaamde Big Pharma, want daar is immers geld te maak uit siekte. Bill en sy eks Melinda is deel van die groot sameswering, asook China wat die wêreld wil oorneem en natuurlik die immerteenwoordigende Groot Loerbroer wat nou selfs in ’n mikroskopiese en miniskule maat wat in ’n inspuiting pas, jou doen en late dophou en pas op, ook jou identiteits- en bankkaartnommers steel.
Onthou ook net om te onthou ná hoeveel jare bestaan daar geen entstof teen MIV/vigs of kanker nie, dit ten spyte van miljarde in navorsing, beweer Covid-19 se ongelowige Thomasse.
Verplaas jouself egter vir ’n wyle terug na 1796, toe Edward Jenner wat as die vader van inenting beskou word, ’n 13-jarige seun met “vaccina virus” (koeipokke) ingeënt het. Twee jaar later, in 1798, is die eerste entstof teen pokke ontwikkel.
Honderde jare gelede drink Boeddhistiese monnike slanggif gedrink om immuniteit teen slangbyt te verleen en in die 17de eeuse China is variolasie beoefen – die aansmeer van koeipokkies in ’n skeur van die vel, om immuniteit aan pokke te verleen.
Deur die 18de en 19de eeue heen lei die sistematiese implementering van inenting teen pokke tot die globale uitwissing daarvan in 1979.
Louis Pasteur se eksperimente het gelei tot die ontwikkeling van lewende verswakte cholera-entstof en geïnaktiveerde miltsiekte-entstof by mense (onderskeidelik 1897 en 1904).
Plaag-entstof is ook in die laat 19de eeu uitgevind. Tussen 1890 en 1950 het die ontwikkeling van bakteriese entstowwe toegeneem, insluitend die inenting Bacillis-Calmette-Guerin (BCG) wat vandag nog gebruik word.
Só kan deur geskiedenisboeke en kinders se intentingsertifikate (myne en joune) geblaai word oor entstowwe wat lewens gered het en steeds doen. Elke dag – en nou meer as ooit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie