Die anatomie van hoop in O o-tye
Ronelle Rademeyer
Wat is genoem na die vyftiende letter in die Griekse alphabet, het nie minder nie as 30 mutasies in sy stekelrige proteïenkern ondergaan en kelder vakansieplanne?
’n Variant waarvan die wêreld drie weke gelede nog nie eens geweet het nie.
Vrydagoggend word ek met ’n dik kop en ’n krapperigheid in die keel wakker.
Saterdag voel dit wat ek gedog het hooikoors of sinus is, soos ’n somerverkoue op steroïede. Ek meet my koors – dis 38,2.
Laatmiddag begin google ek vir laboratoriums in die stad wat na-ure Covid-toetse doen.
Presies ses maande nadat ek in Junie positief getoets het, word ek weer deel van die statistiek.
Daai wetter wat met ’n hoofletter O en ’n kleinletter o – O o – op die Grieke alfabet uitgebeeld word, steur hom skynbaar nie aan die immuniteit wat deur entstof en vorige blootstelling aan die virus opgedoen is nie.
En nog minder aan betaalde vliegtuigkaartjies, die viering van ’n 30ste huweliksherdenking en alle verdere vakansieplanne nie.
Hoe sê my ma altyd? My kind, die mens wik, maar God beskik.
Ek en my man het op 31 Desember verlede jaar op ’n rivierboot op die Kavango geklink op wat ons gehoop het ’n goeie 2021 sou wees. Wat kon erger wees as 2020?
Hoe sou ons toe met a priori-kennis kon weet van die diepsnydende nasionale trauma waardeur ons land in Junie en Julie vanjaar sou gaan?
As daar een ding is wat die pandemie my geleer het, is dat hoop soos suurstof is.
Dit vat ons asemteug vir asemteug vorentoe.
Dit laat ons in môre glo, al val die lewe om ons uitmekaar.
“When we are no longer able to change a situation, we are challenged to change ourselves,” skryf Viktor Frankl in Man’s Search for Meaning.
Frankl het die Holocaust in die 1940’s drie jaar in die Joodse konsentrasiekampe deurgebring. Sy vrou, pa, ma én broer is in hierdie kampe om die lewe gebring.
Hy het uiterste honger, uitmergelende siektes en die wreedste lewensomstandighede denkbaar beleef.
Anders as die gevangenes rondom hom, het hy op een of ander manier daarin geslaag om hoop en betekenis te vind tydens een van die mees katastrofiese gebeurtenisse in die menslike geskiedenis.
Man’s Search for Meaning oor dié hoop en betekenis word as een van die invloedrykste boeke van alle tye beskoue en miljoene eksemplare daarvan is verkoop.
Covid is ons konsentrasiekamp. Dit maak ons geliefdes dood, die verrinneweer ons ekonomieë en lewensmiddele, dit dompel ons in diep depressies.
Maar Covid leer ons om van een asemteug tot die volgende te leef.
Dit laat die dinge wat ons in voortvarende, selfvoldane pre-Covid-tye as vanselfsprekend beskou het, met nederigheid en skaamte waardeer.
Ons het nét vandag. En die hoop op ’n môre wat goed sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie