Die ander kant van die burgerstryd
Die ander kant van die burgerstryd

Die ander kant van die burgerstryd

Mandy Rittmann
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Ek het voorheen gewaarsku dat die mense wat nou na 30 jaar uit 'n droomwerêld in 'n nagmerrieslaap oorslaan, besig is om mense te mislei om verraad te pleeg.

Daardie persverklaring op 'n briefhoof van die RBG, 'n navigasie-instrument, onder 'n vreemde jurisdiksie deur myself geskep, word nou deur die administratiewe kapteinskantoor se besetters gebruik om die wetlike werksaamhede van die nuutverkose kaptein, burghervoorsitter en onder­skeie rade te probeer saboteer deur beswaddering en verdagmakery.

Die mense wat medepligtig aan verraad is, speel met vuur waarmee hulle hulself gaan verbrand. Hulle weet nie van die vredesaanbod aan die regering om die RBG se eis op 'n vreedsame manier te probeer skik nie. Op die oomblik word dit vertroulik gehou, om die regering die geleentheid te bied om die eis en vredesaanbod te oorweeg.



GEREGTELIKE ERKENNING

'n Baie klein gedeelte van die hofbevel aan die regering word hieronder ontleed op grond van die hooggeregshof se erkenning van die RBG se status.

Hope, dog nie alle regsargumente, is vervat in die geseëlde hofbevele wat gerig is aan sleutelposisies in die regering van Namibië en staan rotsvas in internasionale wette en ons erkende privaatregstelsel, wat destyds deur die hof erken was in die saak van Kaptein Diergaard teen die regering van Namibië.

Let wel: die wetlike kapteinskantoor en volksraadkantoor, volgens die Vaderlike Wet gestruktureer, was vir baie jare selfs voor die Rehoboth-regering se tyd verlate gelaat.

Hier is die betekenis van erkenning vervat deur die regters in daardie hofargumente: “Die Vaderlike Wette van 1872 het die onafhanklikheid wel oorleef.”

Die vaderlike bloedlyn is 'n afstammelingsbloedlyn wat deur die vader se bloedlyn nagespoor en wetenskaplik bewys kan word. Die onbetwisbare bloedlyne word deur die vaders nagespoor.

Die Vaderlike Wet het volgens die hooggeregshof oorleef as 'n grondwet. Wat beteken dit?

'n Grondwet is 'n regsliggaam, 'n verbond om te regeer volgens regsbeginsels van die regeringstruktuur deur die Vaderlike Wet.



BASIESE BEGINSELS

'n Grondwet is die organisatoriese en fundamentele wet van 'n nasie; in Engels: "A people, or aggregation of men, existing in the form of an organized jural society, usually inhabiting a distinct portion of the earth, speaking the same language, using the same customs, possessing historic continuity, and distinguished from other like groups by their racial origin and characteristics, and generally, but not necessarily, living under the same government and sovereignty."

'n Staat is: "A people permanently occupying a fixed territory bound together by common-law habits and custom into one body politic exercising, through the medium of an organized government, independent sovereignty and control over all persons and things within its boundaries, capable of making war and peace and of entering into international relations with other communities of the globe."

'n Grondwet kan geskrewe of ongeskrewe wees:

1) om die karakter en bevrugting van sy geskepte regering te bepaal,

2) om die basiese beginsels vas te lê waaraan die binnenshuise lewe moet voldoen,

a) die organisering van die regering,

b) regulering,

c) verspreiding,

d) die beperking van die funksies van verskillende departemente,

e) en om die omvang en wyse van die uitoefening van soewereine magte voor te skryf.

Die kaptein, raad en volksraad verkry hul handves om te regeer uit die grondwet; die Vaderlike Wet.

Dit is die skriftelike instrument waarop mense van die RBG ooreengekom het as die absolute reël van optrede en beslissings deur alle departemente (takke) en amptenare van die regering. Net die owerheid (die kapteinskantoor en volksraad) wat dit ingestel het, kan dit wysig en enige handeling of verordening wat in stryd is hiermee, is nietig.

Die volksraad het die bevoegdheid om handelinge te reguleer en toepaslike wetgewing in te stel vir die beskerming, bevordering, groei en veiligheid van die gemeenskap.

Hou in gedagte dat die Vaderlike Wet baie meer as slegs grondsake reguleer.



PURE TONEELSPEL

Dit is 'n greintjie van die hof se erkenning van Kaptein Diergaardt se saak teen die regering. Vir meer as 30 jaar was nagelaat om die kleim van Louis Pienaar se proklamasie of die hof se erkenning op te eis.

Nou dat 'n oorblyfsel van die Rehoboth Bastergemeente die volle regeringstruktuur in die lewe geroep en laat herleef het, en alle wetlike prosesse nagekom het om die nodige wetlike prosesse te volg om die eise in te dien met 'n hofbevel uit die Burgherhof, nou skielik wil elke gemaskerde akteur wat vir baie, baie jare nooit betrokke by die kapteinskantoor was of nooit eens as burghers ingeskryf was en geen persoonlike verantwoordelikheid opgeneem het nie met betrekking tot lidmaatskap of voorwaardelike grondtoekennings wat blatant en uitdagend geskend word, uit die bloute van oral op die openbare verhoog verskyn met 'n onbekende toneelopvoering om onkundige mense te mislei.

Onthou, die kapteinskantoor het sonder 'n volksraad op sy eie probeer opereer met 'n geslote administratiewe kantoor. 'n Kantoor wat deur my geopen was om administratiewe funksies te verrig en lidmate in te skryf toe nie een enkele ingeskrewe lid bestaan het nie; nie eens die sogenaamde kaptein of raad nie. So wat het daardie kantoor gewettig?

Hierdie akteurs wat nou uit hulle politieke en ideologiese gate kruip, weet nie eens wat die regsbeginsels van die privaatstatus van die Vaderlike Wette behels nie. Lees en luister na hulle propoganda wat weerklank vind uit die publieke, nagemaakte, Amerikaanse verkiesingsmanifeste vanaf Wet 56 se tyd toe karakterskending en vuil politieke taktiek in kapteins­verkiesings kop uitgesteek het.

Die persverklaring in die Republikein en aksies daaruit, gaan vir hulle kom kuier op 'n tyd wat hulle dit die minste verwag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!