Die Baai se mooiste
Leandrea Louw - Een van 12 jong skoonhede word vanaand as Klein Mej. Walvisbaai gekroon.
Die skoonheidskompetisie is vroeër vanjaar deur Estrolita Petersen, 'n voormalige Mev. Heelal, begin. MeGan Cruys, Victoria Dopazio, Cline-Lee Kusch, Caylin Marais, Alexis Ivins, Lalitha Majiedt, Drew-Ann Engelbrecht, Ivandra Lenders, Princonsley Hanse, Janique Bredenkamp, Curby Beukes en Rouchè Thomas ding om die titel mee. Die deelnemers is van ses tot 13 jaar oud.
“Baie mense dink in skoonheidskompetisies gaan dit net oor hoe mooi jy lyk, maar baie besef nie dit is soveel meer as om net ‘n mooi poppie op ‘n verhoog te wees nie,” sê Estrolita.
“Beoordelaars kyk na die mens wat jy is, of jou hart op die regte plek is, en hoe jy die mense rondom jou kan help. En dit is wat my idee was met hierdie kompetisie. Terselftertyd kan ek al die ervaring wat ek tot nou toe in kompetisies opgedoen, aan die jonger generasies oordra.”
Die jong skoonhede se eerste projek was in November met 'n besoek aan die kindersaal van die Walvisbaai-staatshospitaal. Daar het hulle boeke, speelgoed en eetgoed aan die jong pasiënte oorhandig het.
Daarna is 'n Ma en Dogter-dag gehou waar die deelnemers en hul ma's die dag geniet het.
“Ons is geneig om so besig te raak met alledaagse dinge dat ons nie eintlik tyd spandeer met ons kinders. Ek vat gereeld my dogtertjies uit vir ‘n roomys en dan gesels ons so 'n bietjie oor alles – girl talk.”
Dinsdag het die deelnemers die Ruach Elohim-stigting op Swakopmund besoek en geskenkpakkies gevul met babaklere en -kos, asook speelgoed oorhandig. Ronel en Dick Peters het dié plek van veiligheid vir ongewenste en weerlose babas gestig.
Die Klein Mej. Walvisbaai-kompetisie vind vanaand by die Blue Whale Boutique Hotel op die kusdorp plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie