Die bank van die toekoms
FNB glo mobiele en draagbare tegnologie is waarmee mense in die toekoms hul banksake gaan doen.
Elvira Wood - Hoe gaan jou bank in die toekoms lyk?
Kyk na die slimfoon in jou hand of die fiksheidsbandjie aan jou arm – dit is jou bank én jou beursie.
FNB glo dié mobiele en draagbare tegnologie is waarmee Suid-Afrikaners in die toekoms hul banksake en sommer betaling vir hul koffie in die gimnasium gaan doen.
FNB het gister sy nuwe aanlyn platform in Sandton, Johannesburg bekend gestel.
“Banke soos ons webwerwe is deesdae 'n platform en nie meer net 'n diens nie,” sê Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB.
“Ons as 'n bank het reeds die inligting van klante en hulle betaalinfrastruktuur, en ons kan dus maklik ons platform uitbrei waarop dié dienste gebruik kan word,” sê hy.
FNB wil ook nou net een platform bied hetsy kliënte dit vir sake- óf persoonlike redes gebruik.
In die jongste ontwikkeling het FNB 'n diens bekend gestel waar enige Suid-Afrikaanse burger met 'n slimfoon 'n bankrekening met behulp van die bank se app kan oopmaak.
Die app gebruik tegnologie wat kan sien waar jy beweeg om jou huisadres te bevestig.
Die kontrakte word digitaal aan jou gestuur wat jy op die app moet aanvaar en dan word die rekening geskep.
Die selfie-tegnologie – wat reeds beskikbaar is – is nie al wat FNB vanjaar wil bekend stel nie.
“Ons werk saam met Garmin en Fitbit wat fiksheidsbandjies maak om tegnologie te ontwikkel waar mense later vanjaar dié bandjies gaan kan gebruik om vir aankope te betaal.
“Jy gaan letterlik net die bandjie teen 'n betaalpunt wat die inligting daarop kan lees tik en dan betaal jy vir jou aankoop,” verduidelik Raj Makanjee, ook van FNB.
Nee vir Apple
Hy sê in dié stadium sal die diens ongelukkig nie op draagbare produkte wat deur Apple gemaak word beskikbaar wees nie.
Nóg 'n diens wat FNB binnekort wil bekend stel, is waar kliënte enige QR-kode – of dit nou dié wat deur 'n ander app geskep is of nie – kan lees.
“Jy gebruik dus net jou FNB-app om betalings te doen. Jy gaan nie meer tussen al die verskillende apps hoef oor te skakel om betalings te maak nie,” belowe hy.
Hy sê die bank ontwikkel dié diens in samewerking met Mastercard en Visa wat sal verseker dat QR-kodes wat vanuit hul eie platform geskep word, internasionaal erken sal word.
“Jy gaan letterlik 'n QR-kode vir jou klein onderneming – selfs al verkoop jy net goedere oor 'n naweek op 'n vlooimark – kan skep.
“Mense gaan dan met hulle fone vir jou goedere kan betaal.
“Ons breek dus met behulp van tegnologie die grense tussen mense se persoonlike en besigheidsbankdienste af,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie