Die Basters se private, gedeelde boedel
Die Basters se private, gedeelde boedel

Die Basters se private, gedeelde boedel

Dani Booysen
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Iemand konfronteer my vandag en sê: “Martin, waarom bemoei jy jou nog met hierdie mense wat jou nie verdra nie?"

Wel, hier is my antwoord aan hom en ander wat dieselfde vraag vra.

Die twee strukture van boedels en trusts is die primêre boustene van die wêreldstelsel en werk as uitruilbare of omruilbare komponente van die reg- en monetêre stelsels wat die wêreld se rykdom beheer, asook hoe om die menslike bevolking te bind en te verpant in 'n stelsel soos byvoorbeeld die geval is van ‘n vakleerling of ‘n kneg wat sy baas (meester/heer) vir ‘n bepaalde tydperk of lewenslange serwituut deur geskrewe kontrak as verbondslaaf ingekontrakteer het as kneg verplig tot diens.

Die openbare persoon/burger ("citizen"), waarvan ek een is, is die fiksie wat deur sosiale versekeringskemas onderskryf word om openbare skuld te skep. Elke instrument wat geskep word soos hofsake, klagstate, aanklagte, bestellings, lasbriewe, strawwe, verkeerskaartjies, belastingverpligtinge, onder andere, is skuldsekuriteite, onderworpe aan die versekeringskema (maatskaplike versekering, ens.) se aanspreeklikheid teenoor die boedel. Dus is almal as “citizens” verbind aan openbare siviele en kommersiële kodes met slegs ‘n voorreg van vruggebruik.

Vruggebruik is 'n reg van genot wat 'n houer in staat stel om wins te verkry of voordeel te trek uit eiendom wat aan 'n ander persoon betitel is of wat in gemeenskaplike besit gehou word, solank betrokke voorwaardes nagekom word, en die eiendom nie beskadig of vernietig word nie.

Dit is in hierdie formaat dat die perfekte bedrog gepleeg word deur ‘n “Quasi Trust Law System.” Kwasie dui op 'n namaaksel van die regte ding, 'n vervalsing, ook de facto, soos in ‘n de facto-regering.

Die private status van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG), soos erken deur die hoër- en applèhof, dui op ‘n streng gedefinieerde privaat netwerk en 'n werklike privaat ekonomie waarin lidmate die volle kapasiteit het om in eie, privaat domein met mekaar te skakel as private lede van 'n private vereniging, om met mekaar en globaal te netwerk, en deel te neem aan, saam te werk met, te innoveer, te skep, en die belangrikste van alles, te beskerm wat kollektief deur die voorouers geskep en besit was. Dit is in my opinie die oplossing vir die kwynende bestaan van die Gemeente.

Mits dit toegepas word deur ‘n oorblyfsel wat onwrikbaar bereid is om saam te staan vir werklike, voordelige resultate binne of buite die Gemeente, nie met fantasering oor verandering wat nooit eintlik gerealiseer kan word nie, maar in die volle manifestasie van wat fisies hier beskik kan word. Dit kan gedoen word binne die Vaderlike Wet se privaat domein of ‘n ander privaat assosiasie , sowel as om eervol in vreedsame, private verhoudings met die openbare stelsel interaksie te hê.

Glo my dit kan gedoen word. Ander doen dit alreeds vir jare en staan steeds soewerein, ten spyte van verskeie aanslae teen hulle.

Deur nie volle verantwoordelikheid vir hulle erfenis te erken en hulle persoonlik daaraan te verbind nie, sal die RBG vergaan weens die lidmate se onkunde en versuim om die genot van hulle stand te besef en te verstaan en van die verantwoordelikheid op te neem vir die volheid van lewe wat hulle hou. Alle huidige en toekomstige geslagte moet as lede en gelyke, lewende begunstigdes in diens van die erfenis wees en in beheer van al die hulpbronne wat in trust geplaas is om die lewensvereistes vir die geheel te voorsien as onverdeelbare, onvervreembare en onbelasbare boedel.

Die eenvoudigste manier om “equity” en eienaarsbelang te definieer, is om te erken dat dit die ware waarde van enige kreatiewe daad is. Die kreatiewe daad word uitgespel deur die konstruksie van die RBG-boedel.

Wanneer kreatiwiteit verwyder word van die hologram van slawerny word die ware waardeskepping onbelasbaar deur skuld of verband geregistreer. Dit is waarom substantiewe regte van 'n werklike vrye wese onvervreembaar genoem word, omdat dit nie vervreem kan word nie. Dit moet gesien word as retensieregte van 'n veilige belang, byvoorbeeld in die waarde van 'n huis, motor of lewende liggaam.

Hierdie versekering lê opgesluit in die Haagse verdrag en ander verdrae wat deur Namibië onderteken is. Die tyd om ‘n meesterplan te implementeer is nou, terwyl die wêreld skarrel om ‘n nuwe geldstelsel onder rookskerms van oorlogspraatjies vir internasionale handel te onderhandel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!