Die begin van groot verandering
Lloyd Zandberg - Ek wonder al vir ‘n geruime tyd of daar meer van ons in hierdie land is, en as daar wel is, waar skuil hulle?
Ek praat van die kreatiewe breine.
Ek het iewers gelees jy word so gebore. Jy het eenvoudig net 'n anderste denkpatroon. Dit gebeur blykbaar iewers in die baar. Dit is jou identiteit om twee-uur in die oggend te sit en verf, oor allerlei te dink en te wonder. Diegene wat anders lyk sonder om dit opsetlik te doen. Anders voel. En anders sien. Daai klein handjievol wat meer as twee keer op ‘n dag hoendervleis kry.
Daai individue wat glo hulle kan die wêreld verander. Mense wat verstaan dat kreatitiweit meer as ‘n skilderdoek en 'n esel is. Ons wat die galerye besoek, die boeke skryf, die huisplanne teken, die lewe met kameras verewig, situasies eenvoudig sien en opsom, probleme deur middel van logika uitsorteer en meer as net elke dag asemhaal.
Ek het tot en met ‘n week terug gedink ons is nie eens genoeg om ‘n skoolbussie vol te maak nie. My skrywes handel gedurig hieroor. Die verskynsel dat jy in enige gegewe oomblik ‘n dokter, bouer, loodgieter of prokureur se naam kan opsoek en duisende opsies kry.
In dieselfde asem verg dit bloedsweet om ‘n grafiese ontwerper, fotograaf, modeontwerper en dies meer in Namibië te kry. Indien jy wel die persoon opgespoor het, verstaan jy nie hoekom die betrokke dienste so duur is nie.
Onlangs het hierdie groot kwessie ietwat van ‘n verandering ondergaan. Ek sien dit as ‘n kwessie net soos wat inflasie een is. Dit is asof die bogenoemde raaisel nie meer bestaan nie. Of dit bestaan nog wel, maar ek kry die gevoel die probleem word opgeklaar. Hoekom sê ek dit? Ek het dit beleef. Ek het dit gesien. Ek het dit vasgehou.
Verlede week, net voor die naweek, het ek ‘n geleentheid in die onderdorp bygewoon. Ek word gereeld na nuuskonferensies en glansgeleenthede uitgenooi en weens my besige program moet ek baie keer van hierdie uitnodings van die hand wys. As ek kon, het ek myself in klomp verskillende stukkies verdeel sodat ek elkeen kan bywoon.
In daai deel van Windhoek is groot dinge aan die gebeur, oftewel dinge wat my na aan die hart lê. Die verwikkelinge in die kuns- en vermaaklikheidsbedryf is tasbaar daar. Gina Figueira en Helen Harris, eienaars van die StArt Art-galery, is tans besig om die kunswêreld van Namibië ‘n groot hupstoot met hul besondere passie vir kuns te gee. Op die uitnodiging na hierdie betrokke geleentheid sien ek die byeenkoms vind by die galery self plaas. Ek het aan myself belowe: Enigiets wat hulle aanbied, woon ek by.
Danksy die monumentale insig en passie wat Turipamwe Design oor beskik, het hul uitnodiging genoeg mense gelok om sewe skoolbussies vol te maak. Ek snak na ‘n asem. Almal om my lyk soos die mense wat ek in die inleiding van hierdie artikel beskryf het. Dit is kunswerke op bene wat om my maal. Ek kry lekker.
Wie is Turipamwe Design?
Turipamwe Design is ‘n kreatiwe agentskap en ontwerpateljee wat met kreatiewe individue werk om hul idees en visioene lewe te gee.
Hierdie span kreatiewe denkers is die meesterbreine agter die Creative Industry Guide wat tydens die geleentheid bekend gestel is. Wat is dit, het ek ook eers gedink.
Dié gids bied aan belangrike en relevante belanghebbendes meer inligting en kontakbesonderhede oor die kreatiewe bedrywe in ons land.
Dit bevat die name van kreatiewe, professionele mense wat deur 'n stel standaarde en kriteria bepaal word. Die hoofdoel is om inligting oor kreatiewe produkte, beskikbare fondse en opleidingsinstansies te verskaf. Die gids is 'n samevatting van die verskillende kreatiewe sektore en hoe hulle kan bydra tot sosioëkonomiese ontwikkeling in Namibië.
Eenvoudig gestel: Dit is ‘n katalogus van die kreatiewe breine in Namibië, die skeppende individue. Die ouens wat al in die baar die ‘ding’ gekry het.
Kom ons sê jy wil die sitkamer oordoen. Waar kry jy die argitek, die binnehuisontwerper, die skilderye vir bo die kaggel, die handgemaakte kussings. En hoe besluit jul tussen die geel of die oranje? Jy blaai deur die Creative Industry Guide en maak jou keuse. Hoe lekker is dit. Niks meer bloedsweet nie.
Met die intrapslag kon ek my oë nie glo nie. Gewoonlik lok enige kreatiewe geleentheid of bekendstelling dieselfde groepie mense - 15 individue wat kampvegters is vir die bevordering van kuns en kultuur in ons land. Ons ken mekaar, want ons is altyd by dieselfde geleenthede.
Hierdie keer sien ek baie meer van ons. Sowat 150 mense, almal oorspronklik aangetrek, staan die plek vol. My hart begin prut. Ek borrel stadig maar seker van opwinding oor. Ons praat dieselfde taal.
Ons almal verstaan die erns van kuns en kultuur en hoe ons dit, nou meer as ooit, moet bevorder. Die belangrikheid wat hierdie industrie in die ontwikkeling van ‘n land speel, is vir te lank opsy geplaas.
So loop ek deur die groep mense en die energie kan gevoel word. Ek dink almal was net so verlig soos ek. Wat my betref, was dit die dag van groot verandering vir die kuns- en vermaaklikheidsbedryf van Namibië. Hoe het dit gebeur dat all die kreatiewe breine ewe skielik nou sigbaar is?
’n Kreatiewe ekonomie
Die Creative Industry Guide is 'n eerste vir die kontekstualiserende kreatiewe ekonomie in Namibië deur insigte van plaaslike kundiges, met 'n omvattende lys van kreatiewe maatskappye, organisasies en professionele persone, en wat wissel van argitektuur tot visuele kunste.
Die kreatiewe industrie verwys na 'n verskeidenheid ekonomiese aktiwiteite in die vernuwing of uitbreiding van kennis en inligting. Die kreatiewe bedrywe word gesien as toenemend belangrik vir ekonomiese welsyn. Dit is voorstanders van die oortuiging dat menslike kreatiwiteit die primêre ekonomiese hulpbron is en dat die bedrywe van die 21ste eeu toenemend van innovasie sal afhang.
Die kulturele en kreatiewe nywerhede is groot dryfvere van die ekonomieë van ontwikkelde én ontwikkelende lande, en een van die snels groeiende sektore wêreldwyd. Dit beïnvloed inkomstegenerering, werkskepping en uitvoerverdienste, en 'n beter toekoms vir baie lande skep.
Die Creative Industry Guide bestaan uit bedryfsektore in die kreatiewe industrie naamlik: Advertensies en bemarking, argitektuur, handgemaakte goedere, ontwerp: produkte en grafies, rolprente, TV, video, radio en fotografie, inligtingskommunikasie en tegnologie, publisering, argiewe, galerye, biblioteke en museums, musiek, uitvoerende en visuele kunste, en kreatiewe dienste en hulpbronne.
“Tot nou toe was die terugvoering ongelooflik. Al die sektore het die belangrikheid van hierdie projek besef en dit is vir ons fantasties omdat ons weet hoe belangrik hierdie samewerking is. Die Namibiese kreatiewe industrie is kardinaal vir die vooruitgang van die.
“Ons werk reeds aan fase twee van die projek, wat hoofsaaklik uit nog harde kopieë bestaan, en ons wil die projek op al die aanlyn platforms bekend stel. Die boek is gratis. Ons wil juis hê die inligting moet so toeganklik as moontlik wees. Die eerste oplaag is reeds alles uitgegee. Daarom soek ons nou na mense of instansies wat nog geld beskikbaar kan stel om meer te druk. Belangstellendes kan intussen op ons webtuiste gaan kyk na die gids,” het die span van Turipamwe aan Kollig gesê.
Die grootste probleem, en ek het hieroor gaan dink, is dat daar 'n wanpersepsie oor kreatiewe mense is. Om 'n kreatiwe individu te wees, beteken nie jy sit heeldag en verf, rook boom en drink goedkoop wyn. Dit is glad nie so nie. Kreatiewe mense doen baie meer as net dit.
Dit is die kreatiewe breine wat die wêreld aan die gang hou.
Dit is die Zuckerbergs van die wêreld. Dit is ouens wat alles vir almal deur middel van innovasie wil makliker maak.
Ek was lanklaas in my lewe so opgewonde oor 'n stap wat moontlik die hele visie van Namibië mettertyd kan verander.
Stel jou voor jy was tydens die vergadering daar toe iemand sy hand opsteek en sy hy wil ’n masjien ontwikkel wat ons skottelgoed vir ons was. Wat dink jy het die ander mense om die tafel gesê? Seker vir hom gelag. Vandag het ons skottelgoedwassers. Hoe dink jy het Steve Jobs gevoel toe hy met Apple begin het? Ek kan myself net voorstel.
Mense wat dink hul kan die wêreld verander, is gewoonlik dies wat dit doen. Noem dit mal of absurd. Kyk maar, dit het reeds met hierdie gids gebeur. Turipamwe Design het iets groter as net die visies vir Namibië se ontwikkeling in gedagte. Hulle wil die wêreld verander.
*Vir meer inligting oor hoe jy by die projek kan betrokke raak, besoek www.turipamwedesign.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie