Die belangrikheid om gebroke mans te genees
As menslike wesens is ons geskep om 'n verskeidenheid gevoelens en emosies te ervaar.
Hierdie emosies kan óf positief wees, soos vreugde, tevredenheid of trots op iets wat jy reggekry het, óf met tye negatiewe gevoelens soos hartseer, jaloesie, bitterheid, frustrasie en woede.
Die samelewing het ons geleer dat die enigste emosies wat jy in die openbaar behoort te wys, die positiewes is en dat enige ander gevoelens eerder onderdruk behoort te word as om uiting te vind.
Hierdie siening geld veral vir mans, wat deur die eeue heen geleer en gekondisioneer is om sielkundig koue, emosielose wesens te wees om aan die samelewing se norme te voldoen. Van jongs af word seuns geleer om pyn te ignoreer, nie te kla of te huil nie, omdat dié verkeerdelik as “vroulike” reaksies bestempel word.
In alle eerlikheid beskou: Alle wesens kan pyn ervaar, seerkry en huil vanweë emosionele gevoelens. Mans sal soms eerder hulself in 'n kamer afsonder en 'n paar trane stort, of alternatiewe maniere vind om hul gevoelens te probeer hanteer. Alkohol- en dwelmmisbruik word soms so 'n meganisme – 'n valse beeld van wat dit in sommige gemeenskappe beteken om 'n “man” te wees.
Selfs kreatiewe mediums soos digkuns, joga of 'n dagboek word as “vroulik” afgelag; dieselfde met die raadpleeg van 'n professionele sielkundige of selfs om jou gevoelens met iemand te bespreek, ondanks die beproefde terapeutiese waarde hierin wat 'n mens kan help om jou gevoelens te verwerk.
Die hantering van woede is net so 'n tameletjie. Dit is binne elke mens se reg om kwaad te word indien iemand jou mishandel. Dit is 'n normale menslike reaksie.
Gesonde selfbeheersing en emosionele intelligensie is hopelik iets waarin jy van kindsbeen af grootgemaak is, maar in werklikheid is dit nie almal van ons landgenote se lot nie.
Woede wat onderdruk word en passief-aggressief raak, kook op die verkeerde tyd en plek oor. In onlangse jare het dit 'n rol in soveel moorde gespeel en die statistiek vir geslags- en huishoudelike geweld toon nog geen tekens van afname nie.
Ons probleem is nie die negatiewe emosies op sigself nie, maar om veral ons seuns te leer hoe om daaraan uitdrukking te gee. Mans kan vanaaf 'n jong ouderdom geleer word om woordeliks hul gevoelens uit te druk en waaroor hulle nie gelukkig is nie. Woede, jaloesie en hartseer kan op gesonde wyses verwerk word.
Eerder as om gewelddadig te raak, is dit meer produktief om duidelik te kommunikeer indien 'n misverstand of meningsverskil met iemand ontstaan.
Deur uit te reik en met mekaar te praat, kan ons ook die toename in bendekultuur, tieners wat in dwelmmisbruik verval, winkeldiefstal, gewapende roof en verkragting voorkom.
Hierdie euwels word soms opgehemel as 'n manier om aandag te trek of 'n soort manlikheid te bewys wat deur 'n verwarde gemeenskap verdraai word.
'n Vaderlose generasie wat sy seuns in monsters laat ontaard deurdat hulle van liefde, sorg en 'n warm omhelsing afgeskeep word, bereik die punt waar hulle iemand se lewe neem omdat hulle daarop geregtig voel om gevoelens te wreek wat lank weens ongeneeste trauma in hul harte lê en verrot het.
Laat ons 'n wêreld skep waar ons nuwe norme kan stel, waar mens openlik oor hul gevoelens kan praat, waar ons met ons ore kan wys dat ons genoeg vir hulle omgee om te genees en heel te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie