Die belangrikste, groot boodskap
Die belangrikste, groot boodskap

Die belangrikste, groot boodskap

Mandy Rittmann
HOANDI !GORASEB SKRYF:

Jou foute is die Wet van Moses, en jou oplossing, ook die Wet van Moses.

Die skoon boek is Lukas 24:44, Testament van Jesus.

Soos ons almal weet, en soos die volgende skrifdele verklaar, is Jesus terug na die opstanding, terug na Sy Vader. Geestelik.

Uit die Geloofsbeleidenis van die Lutherane: “Wat terug is na Sy Vader en op die regter hand gaan sit.”

Al die profete het profeteer dat Jesus na sy opstanding terug is na sy Vader.

"Voorwaar ek sê vir jou, vandag sal jy saam met my in die paradys wees." (Lukas 23:44)

Die opstanding van die aardse Jesus, soos ons almal dit ken, en soos die skrif dit verklaar, is die lewe na die dood. Weer eens geestelik.

Watter Jesus is dié, wat in vlees en bloed opstaan en 40 dae op die aarde rond dwaal, en dan Hemel toe opvaar, na wie toe? Onse God, Jesus Christus, is dan al klaar daar!

Watter Jesus is dié wat sê "tel op jou kruis en volg my," terwyl daar ’n versoeking op Golgota was.

As jy vergewe, moet jy vergeet, lui die Wet van Moses.

Wil jy nou sê dat God nie vergeet as Hy vergewe nie? God ken nie eens die kruis wat julle Christene ken nie, want God is liefde en liefde is God en die Woord was God. Dis iets wat ons nooit kan wees nie.

Liefde is geestelik. Dit kan nie in jou geskied nie, tensy jy jou bekeer.

Ons, die Christene, moet weet God het ons lief, maar hoe, en met wat het jy God lief, as die storie geestelik is? (1 Korinthiërs 13:12)

COPERNICUS EN LUTHER

Wie het Godswoord dan verdraai?

Nicolaus Copernicus, gebore in 1473 in Torun, Pole het sy revolusionêre werk met die titel oor die omwentelinge van die hemselsfere geskryf en is uitgegee in 1543.

Copernicus het die Duitse teoloog Martin Luther en die 16de eeuse Jesuïete Priester, Christophorus Clavius, as anti-Christe beskou omdat hulle volgens hom die Heilige Skrif verdraai het, om in die heilige doel te slaag, soos baie van ons ook probeer.

Die volgende brief was deur Copernicus aan Pous Paulus III geskryf:

“Daar is sekere 'kafpraters' wat hulle die reg aanmatig om ’n oordeel te vel, hoewel hulle niks van wiskunde weet nie, en hulle waag dit om my werk te kritiseer en aan te val deur die betekenis van sekere gedeeltes in die Heilige Skrif skaamteloos te verdraai om hulle doel te pas: Ek steur my so min daaraan dat ek hulle opinies as dwaasheid sal verwerp.”

Ek sê die teorie van Martin Luther bots met die korrekte begrip van die Heilige Skrif, want hy was dwaas, en nou sal die geestelike leiers dit ook moet weet.

Dis hulle wat jou die woord voer. Gee terug die munt en volg jou ware God.

Sal jy nog die valse godsdiens volg na alles of draai jy na die wet van Moses? Net Hy ken die weg. (Psalm 103:7)

DEMOKRASIE

Die Nuwe Testament is die wortels van demokrasie, en demokrasie die weg van die goddelose. (Psalm 1:6)

Jy, die mens, het die Tien Gebooie van jou God verwerp, en jy het nie die God gehoorsaam nie.

Sal God die noodroep van die vrou hoor? Nee! God hoor die vroue te vêr. (1 Timotheus 2:9-15)

Die Wet van Moses het gelyke regte vir die vrou verwerp.

Die vrou sondig voor God, sonder gewete, omdat sy selfstandig met haar gedagtes is, en nie God nodig het nie.

Ons moet eerlik met onsself wees en ons eie slegheid ken. God soek eerlikheid, nie jou verbeelding nie.

God het jou lief, maar dis baie swaar om Hom lief te kry. Liefde is geestelik, en ons, die mens, ken net versoekings. Dis jy, die mens, wat iets wat geestelik was omskep in iets wat seer maak.

Liefde maak nie seer nie, want dis geestelik.

As jy die genade van God wil hê, vergeet van jou valse liefdes. Daar is net een God en een liefde, ware liefde, wat sommige nie op aarde wil hê nie.

Inplaas van tel jou seëninge, tel jy jou liefdes. Daar is net een liefde. Hoe meer liefdes, hoe meer versoekings, hoe meer sondes. (Jesaja 3:11-12)

Laat alles wat asem het, die Here loof. Halleluja. Amen!

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!