'Die beste tyd van my lewe'
Lloyd Zandberg
Die 22-jarige gebore Namibiër Kyle Farrer verwys na homself as koel en kalm.
Jy kan dit aan sy voorkoms sien. Eenvoudig, maar deurdink, ‘n soort uniekheid wat oor hom hang.
“Ek is nog altyd kreatief in my benaderings gewees. Hetsy dit in my persoonlike lewe of beroep is. Dit hou my rustig en gefokus,” seg die vol vertroue jong man, wat toevallig vandag sy geboortedag vier.
Hoewel hy seker ‘n sjokolade of dalk ‘n paar sokkies vir sy verjaardag ontvang het, is sy grootste geskenk sekerlik die geleentheid om as ‘n kok Namibië op internasionale vlak te verteenwoordig.
Kyle vertrek binnekort na Indië, waar hy Namibië se naam by die Young Chefs Olympiad gaan hoog hou. Dit is 'n indrukwekkende prestasie, seëning en eer, en die aanloop tot die kompetisie het reusetoewyding en -konsentrasie vereis.
“Ek is verheug en terselfdertyd voel ek geëerd. Ek is trots. Deur die loop van 2018 het ek aan verskeie kompetisies deelgeneem en myself konstant bewys. Uiteindelik het ek die topdrie behaal, en op die ou end van die dag het ek die beste gevaar en is dus gekies om in Indië te gaan meeding.”
Wat ‘n eer om jou landsvlag elders hoog te swaai.
“Ek sien baie uit na die kompetisie. Dit gaan een van die beste tye van my lewe wees. Ek kan dit sommer aanvoel. Tans oefen ek soveel ek kan en berei myself geestelik voor.”
Wanneer het hy besef: Ek gaan eendag ‘n sjef wees.
“My oupa het ‘n geweldige rol in my lewe gespeel. Hy is een van my grootste inspirasies en ‘n groot dryfkrag agter my passie.”
“My oupa sou Sondae vir my gevra het om ‘n handjie by te sit wanneer hy Sondagmiddagetes voorberei. Ek het dit baie geniet en aanklank by hom en die proses van kosmaak gevind. Direk na skool het ek in die bedryf begin werk, en toevallig op Silverspoon Hospitality Academy afgekom. Ek was baie geïnteresseerd en het besuit om voedsel- en drankbestuur by hulle te studeer.”
Die kursus was gaaf, sê Kyle, en het hom in staat gestel om ‘n idee van die voedselbedryf te kry.
“Ek was geboei. En kon nie anders as om hul professionele kookkuns-diploma aan te pak nie. Dis toe dat ek besef: Ek wil ‘n sjef wees.”
Op die jong ouderdom verstaan Kyle die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie, maar hoe hanteer hy die klein jakkalsies?
“Enige iets kan gebeur. Jy moet net jou kop bo water hou. Uiteindelik gaan dit jou ‘n sterker en beter mens maak. Dis belangrik om rustig te bly en iets te doen wat jou gelukkig maak. Soos in my geval, moet ek kook.”
“My kos moet altyd aantreklik lyk. Die kleure, die smaak, vorms en dies meer speel alles ‘n rol in die finale resultaat van die dis. Ek kan natuurlik nie sonder sojasous, rooipeper en rissies leef nie.”
In sy vrye tyd, hoewel baie selde, teken Kyle graag.
“Benewens kook, maak teken my gelukkig, met musiek in my ore.” Tans beskou Kyle Sam Smith se “Fire of fire” as 'n gunsteling.
“Almal in my familie is mal oor musiek. Dis die gom in ons gesin. Ironies genoeg het ek al met baie resepte vorendag gekom terwyl ek musiek luister.” Wanneer hy nie met 'n mes, pan of pot besig is nie, bestee hy sy vrye tyd tussen die sitkamerbank en die dansvloer.
"Ek is mal oor ‘n goeie fliek, en geniet ook 'n bier.”
Die veelsydigheid wat een bestanddeel oor beskik, is wat Kyle sê hom die meeste van kos interesseer.
“’n Mens kan feitlik ‘n miljoen verskillende geregte met een bestanddeel maak. Dis fassinerend.”
Masaharu Morimoto, ‘n bekende kok op die gewilde TV-program Iron Chef America, dien as groot inspirasie vir Kyle.
“Hy kry ongelooflike goed in die kombuis reg. Hy is altyd netjies en sy werkoppervlak is silwerskoon. Ek sal eendag vir hom my sjokolade-soufflé wou maak en hoor wat hy daarvan dink.”
Kyle is mal oor Indiese kos, kroegkos en Asiese disse.
Sy raad vir ander jong, aspirante kokke is eenvoudig: Leer, leer en leer.
“Kry 'n werk in die voedselbedryf om jouself so vinnig as moontlik aan die gang te kry. Jy raak sterker en beter met die tyd. Glo my, ek weet hoe dit voel, maar byt vas."
Oor 2019 is Kyle baie opgewonde.
"Niks kan in my pad staan nie. Ek gaan dit my jaar maak en beplan om later vanjaar te gaan reis wanneer ek my studies voltooi het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie