Die boek van gelukkige eindes
Die voorblad van hierdie roman aktiveer die bekende kruik wat ’n mens op voorgraadse sielkunde-handboeke sien: Dit is sowel twee gesigte as ’n kruik waarna jy kyk.
Loots se jongste boek handel oor verhoudings en eindes. Chris se lewe word bedreig deur ’n vrou met wie hy ’n ligte aanraking gehad het. Sy pers hom af en ons word voorgestel aan verskillende karakters en ons weet wat die sielkundige van hulle dink.
Twee ekse, een straight en een gay, laat die poppe dans. Kentridge se poppespel is ook hier en vrae word gevra oor of ’n mens nog op ’n nuwe manier oor intieme sake kan skryf?
Die internet se impak op intimiteit en joernalistiek kom eweneens aan bod.
Die roman analiseer die impak van menslike verhoudings en die ironie dat kortstondige aanrakings of dwase keuses jou lewe vir altyd kan bepaal. Is daar ooit closure?
Erica Jong se Fear of Flying (1973) speel ook in die agtergrond af met die soeke na die “zipless fuck” en ’n bespotting van psigoanalise en die raad wat sielkundiges vir pasiënte gee, terwyl hul eie lewens buite beheer is.
Die dekor-verwysings gee dalk blyke van ’n leë bestaan. Die kunsverwysings is dalk ’n versugting na ’n beter bestaan waar jy kan ontkom van dwase besluite?
Frank Kermode, die gesiene Britse teoretikus, se The Sense of an Ending (1967) het by my opgekom by die lees van die roman, asook Susan Sontag se insigryke essay “At the Same Time: The Novelist and Moral Reasoning” opgeneem in At the Same Time (2007).
Sy beweer dat ’n roman grense skep en dat alles te make het met hierdie grense. Die einde, vir haar, is ’n punt van magiese kwaliteite en samehang. Uiteindelik sien ons hoe uiteenlopende sake saamhang . . .
Geluk hang af van waar ’n storie eindig, waarsku Orson Welles in ’n motto. Hier eindig dit nooit nie . . . of dalk?
Die intertekstuele verwysings na Woody Allen, die Coen-broers se Burn After Reading en Hitchcock gee eweneens sleutels vir verdere ondersoek.
Die karakters praat outentiek (shrink, edge, cottage, girl . . .) en Kaapstad word goed beskryf.
Die hoofstuk-indelings gee blyke van ’n ouktoriale vertelinstansie (’n soort poppemeester) wat die gegewe vertel en manipuleer. Dis juis hierdie dimensie van dieper meta-kommentaar wat die roman volgens hierdie leser sterker sou maak.
Afhangende van hoe jý na die voorblad kyk, sal die roman met jou praat.
Joan Hambidge beklee die Hofmeyr-leerstoel aan die Universiteit van Kaapstad. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie