Die boeke maak die boekrak
Die vere maak die voël en die boeke die boekrak.
Vir vier maande nadat ek getrek het, moes my boeke in bokse bly. My boeke en my klippe is my enigste, kosbare besittings en ek móét hulle uitstal. My klippe praat met my en my boeke roep my uit die bokse.
My spaargeld was nog nie genoeg nie, toe sien ek in 'n winkel 'n mooi boekrak wat jy kan bou. Nogal 'n rooie. Ek swaaip daai kaart in die rooi in en koop daai boekrak.
Ek kan nie wag om die boekrak te bou nie en uiteindelik breek 'n Saterdag aan. Daar is 'n papiertjie met aanwysings wat nie te moeilik lyk nie en 'n sakkie skroewe en 'n "Allan key". Die "Allan key" is bitter klein. Ek begin daai houtplanke en skroewe bymekaar sit en skroef die skroewe met die "Allan key" in. Die ding is só klein, hy val kort-kort.
Intussen wil Bibilai Stoflap Steynberg-kat en Hasie Kalbassie-babakat in die boekrak se boks speel. My aandag word ook deur hulle afgelei. Boonop het ek nóg 'n hand nodig met die vashou-werk. Moederlief word geroep. Dan val die "Allan key" weer uit, dan val 'n plank weer. Moederlief sê ek is baie ongeduldig en sy het my nie grootgemaak om soos 'n matroos te praat nie. Boekrak word vir die nag eers op die sy neergesit en katte speel te lekker tussen die planke wat nog nie ordentlik vasgeskroef is nie.
Die volgende dag têkkel ek weer die rak en ek draai daai skroewe met die "Allan key" vas dat my vingers seer is. Ek sit vir boekrak regop neer en dit lyk sommer al te fraai. Toe sleep ek daai bokse nader en begin die boeke uitpak wat so na my roep.
Ek pak en ek pak en rangskik en herangskik die boeke. Daar lê nog steeds 'n klomp boeke op my bed. My boeke is hopeloos te veel vir die boekrak. Later pak ek twee rye op 'n rak.
Uiteindelik het die boeke almal lêplek op die rakke. Ek sien my skrywervriende se boeke raak en ek bedank hulle: My vriend uit Stellenbosch se dae, Jaco Botha, met sy uitsonderlike debuut, Sweisbril. My heel eerste vriend in Taiwan, Amerikaner Caleb Powell, met sy The World is a Class en my hartsvriend uit Taiwan, Marion Erskine, met sy nimlike Oos en Afrikaanse chicklit, Donatello en Volksie. Sy debuut is in Engels én Mandaryns, Afro-Dizzy-Act: A potent adventure of a foreigner in Taiwan.
Intussen het ek deur die Facebook-groep Lekkerlees Boekrak soveel skrywersvriende gemaak soos Chanette Paul wat op dieselfde dag as ek verjaar en Isa Konrad wat ook 'n Namibiër is en nou in Switserland woon. Skrywer Tinus Viviers het my al genooi om by hulle huis in Kemptonpark te kuier en ek het heerlike melktert by hulle geëet.
Die probleem met my nuwe boekrak is dat hierdie wonderlike skrywersvriende nóg boeke gaan skryf en my boekrak is klaar vol. Net vanjaar kom Deon Meyer se nuwe roman, Koors, volgens Netwerk24 uit. Doodskoot is ’n nuwe boek deur Francois Bloemhof en van Martin Steyn kom Swartval. Mike Nicol van Dienders en donders se Agents of the State word vertaal en ek sien uit na Johan van Wyk se So is dit nou, die heruitgawe van Ingrid Jonker se versamelde gedigte.
In Oktober wanneer ek verjaar (skimp-skimp), kom my gunsteling skrywers se boeke uit: Uit die pen van Dana Snyman is Op pad: ’n reisjoernaal; ’n nuwe roman van Tom Dreyer, Dorado; 'n Chris Karsten-boek, Die dood van ’n goeie vrou, en van Chanette Paul verskyn Offerande, die opvolg van die fantastiese Offerlam.
Skryf, ek sal maar nog 'n boekrak bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie