Die Boer - Die bulbehoeftes van die kommersiële beesvleisprodusent
Dr. Michiel M. Scholtz, Instituut vir Diereproduksie, LNR - Die kommersiële vleisbeesprodusent kan nie net op die verhoging van vleispryse staatmaak om sy boerdery winsgewend te maak nie. Behalwe verbeterde bestuur en produksiestelsels, moet aspekte soos hoër kalfpersentasies en doeltreffender produksie ook aandag kry. Dit is dan ook waarom seleksie in die stoetbedryf op die volgende drie aspekte moet konsentreer in hul teelprogram as hulle die belange van hul kommersiële bulkopers op die hart dra:
• Koeivrugbaarheid
• Koeidoeltreffendheid
• Naspeense groei en doeltreffendheid
Die stoettelers behoort dus die behoeftes van die gewone vleisbeesboere te verstaan en bulle te voorsien wat aan hierdie behoeftes voldoen. Weet ons egter altyd wat die behoeftes van hierdie boere is? Die resultate van ’n opname waarby die LNR betrokke was, word kortliks hieronder opgesom.
Meer as 70% van al die beeste wat in Suid-Afrika geslag word, is van voerkrale afkomstig. In die opname van ongeveer 218 000 beeste in voerkrale het dit aan die lig gekom dat die Simmentaler ’n belangrike rol in die voerkrale speel met ’n markaandeel van meer as 12%. Die vyf belangrikste rasse vir die voerkrale word in Tabel 1 gelys. Dit is belangrik om daarop te let dat 67% van die beeste in voerkrale kruisings is, wat aandui dat kruisteling ’n belangrike rol in die kommersiële beesvleisbedryf speel. Dit is verder interressant om daarop te let dat 71% van die Simmentaler-tipes in die voerkrale kruisings is.
Tabel 1:Die vyf belangrikste rasse in die voerkrale en hul persentasie van die totaal
Die redes van die kommersiële vleisbeesprodusent vir die keuse van ’n bul deur die kommersiële vleisbeesprodusent word in Tabel 2 aangedui. Hieruit is dit duidelik dat prestasie ’n drie maal belangriker rol speel as enige ander eienskap wanneer die kommersiële produsent bulle koop. Die tweede belangrikste eienskap is bouvorm en daarna temperament. Prestasie is ook nie noodwendig gekoppel aan grootte nie en grootte speel maar ’n geringe rol. Dit is ook belangrik om daarop te let dat kommersiële produsente teen bulle met horings diskrimineer en dat slegs vier uit ’n duisend produsente bulle met horings sal verkies. Die opname het ook getoon dat 11% van die kommersiële produsente hul eie bulle teel, en dat 22% KI tot ’n mindere of meerdere mate saam met natuurlike dekking gebruik.
Tabel 2:Redes vir die keuse van ’n bul deur die kommersiële vleisbeesprodusent
Die Simmentaler is waarskynlik die gewildste Europese ras in Suid-Afrika omdat dit aan die behoeftes van die kommersiële vleisbeesprodusent voldoen. Markte en produksietoestande verander egter met tyd en dit is belangrik om betyds op sulke veranderings te reageer. Dit is veral aardverwarming wat ’n toenemende effek op die produksie van beesvleis, veral in Suider-Afrika gaan hê.
Die inisiatief van die Simmentalergenootskap om spesifieke teeldoelwitte na te streef, is dus belangrik. Diere wat nie aangepas is by die omgewing nie, sal lae vrugbaarheide en produksiedoeltreffendheide toon. Deur in ’n seleksieprogram op vrugbaarheid en produksiedoeltreffendheid in die Simmentaler te fokus in ’n seleksieprogram, sal verseker dat die Simmentaler aangepas by die veranderende klimaat van Suider-Afrika bly.
Bron: Simbra Joernaal 2014

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie