Die Boer - Eén bedryf, één visie
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese vleisbedryf is vir baie jare gekenmerk deur fragmentering, onderlinge wantroue tussen die belanghebbendes in die waardeketting, wrywing asook die bevordering van eie belange. Daarmee saam het die lewendehawe- en vleisbedryf se bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) die laaste jare afgeneem teenoor dié van ander sektore.
Dit is teen hierdie agtergrond dat die Vleisraad in Julie 2013 die eerste stap geneem het om in samewerking met al die belanghebbendes ‘n gesamentlike visie en aksieplan vir die pad vorentoe op te stel.
Dié visie vir die lewendehawe- en vleisbedryf is op 19 Februarie amptelik deur mnr. John Mutorwa, minister van landbou, water en bosbou, in Windhoek bekend gestel.
Vyf aksieplanne wat daarop gerig is om die bedryf gesond en veerkragtig te maak en dit ekonomies verder te ontwikkel, vorm die kern van dié visie. Dit is dieregesondheid en -welsyn, asook voedselveiligheid, produksie, waardetoevoeging, bemarking en die handel in vleisprodukte en laastens die konsolidering van die bedryf.
Die Vleisraad sal in samewerking met ‘n tegniese komitee die implementering fasiliteer en koördineer. ‘n Spesiale forum sal gestig word om twee keer per jaar die vordering te bespreek en strategieë te ontwikkel wat sal verseker hierdie gesamentlike visie bly op koers en die doelstellings word bereik.
Mutorwa het tydens die bekendstelling die Vleisraad geloof vir sy leiersrol hierin en benadruk dat die bedryf deur die beter integrering van produksie, verwerking, verspreiding en bemarking nog baie kan groei.
“Die belanghebbendes en verskillende sektore in hierdie bedryf bevind hulle nie almal by dieselfde vlak van ontwikkeling en sofistikasie nie en natuurlik lei die situasie tot ’n konflik van belange.”
Hy het daarop gewys die doel van hierdie gesamentlike toekomsvisie is om ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir die bedryf is sy geheel, maar uiteindelik ook vir die belange van elke individuele produsent en rolspeler.
Motorwa het verder die versekering gegee dat die regering na die beleidsomgewing sal omsien waarbinne dit moet gebeur.
Produksie in konteks
Namibië beskik oor ‘n nasionale beeskudde van sowat 2,9 miljoen diere (2012) en 2,7 miljoen stuks kleinvee (2012).
Verder produseer die land sowat 85 000 ton bees-, skaap- en bokvleis per jaar waarvan sowat 80% na buurlande en die Europese Unie uitgevoer word.
Hoewel Namibië se uitvoere van vars/verkoelde- en gevriesde beesvleis ‘n skrale 0,5% van die wêreld se totale uitvoere verteenwoordig, is die land 29ste en 35ste onderskeidelik op die lys van voorste beesvleisuitvoerlande van vars/verkoelde- en gevriesde produkte.
Verder is Namibië 11de op die lys van die wêreld se topuitvoerlande vir skaap- en bokvleis.
Die lewendehawe- en vleisbedryf voorsien 16 000 mense van werk en vleisproduksie en -verwerking is die sektore met die grootste toekomstige werkverskaffingsmoontlikede.
Altesaam 29% van die bevolking maak ‘n lewe uit bestaansboerdery en in landelike gebiede dra boerdery tot 48% van die totale inkomste by.
Namibië se hoë dieregesondheidstatus, sy ideale weidingsomstandighede, die gehalte van die vleis wat plaaslik geproduseer word en die beleidsraamwerke van die regering, bied die ideale grondslag vir dié tipe groei en ontwikkeling van die lewendehawe- en vleisbedryf wat deur die gesamentlike visie bewerkstellig kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie