Die Boer - Handelskenner bevraagteken SA-invoerregulasies
Ronelle Rademeyer - Suid-Afrika se motief vir die hernude instelling van streng dieregesondheidsregulasies waaraan lewendehawe moet voldoen wat vanuit die buurlande ingevoer word, is onder verdenking.
Me. Willemien Viljoen, ’n navorser by die Handelsregsentrum (Tralac) in Suid-Afrika, sê dié land se hersiende invoervereistes waaraan vee vanuit die BLNS-lande (Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland) sal moet voldoen as die veeartseny-owerheid sy sin kry, laat weer eens die vraag ontstaan of handelsbeperking nie die eintlike motief is nie.
“Hierdie is nie die eerste keer dat die motiewe vir die implementering van fitosanitêre maatreëls deur Suid-Afrika bevraagteken word nie. Ons het in onlangse jare ook beleef hoe vrae gevra is oor die verbod op die invoer van organiese heuning uit Zambië asook sommige landbouprodukte uit ander Afrikalande,” sê Viljoen in Tralac se jongste nuusbrief.
Die direktoraat van gesondheidsdienste in Suid-Afrika het op 17 April vanjaar ’n kennisgewing oor die invoervereistes vir lewendehawe vanuit die BLNS-lande in die Suid-Afrikaanse staatskoerant gepubliseer. Belanghebbendes is dertig dae gegun om voorleggings oor die kwessie by die direktoraat in te dien.
Mnr. Paul Strydom, hoofbestuur van die Vleisraad van Namibië, sê dié raad het in opdrag van die nasionale dieregesondheidsforum in die land ’n wetenskaplik gefundeerde reaksie voorberei en soos ooreengekom is, op 15 Mei aan Suid-Afrika voorgelê. Hy kon nie sê wanneer Namibië terugvoering hierop gaan kry nie. “Suid-Afrika se kommunikasie met ons is maar baie min.”
Suid-Afrika, ’n netto-invoerder van vleis, het op 1 Mei verlede jaar die nuwe, streng dieregesondheidsvereistes inwerking gestel sonder om die geraakte invoerlande in die saak te ken.
Op 26 Augustus het die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, egter die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging se skerp besware teen dié invoervereistes aanvaar en dit opgehef.
Volgens die minister was daar nie vooraf genoeg “konsultasie” nie en vandaar die aankondiging in April vanjaar as poging om gehoor te gee aan die minister se opdrag.
Mnr. Paul Kalenga, senior kenner van handelsbeleid by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se sekretariaat, het verlede jaar – net soos Viljoen – gesê dieregesondheidsmaatreëls moet nie gebruik word om handel te reguleer soos wat Suid-Afrika doen nie en gewaarsku dit is strydig met SAOG-wetgewing.
Viljoen sê om haar artikel Suid-Afrika se vereiste dat bloedtoetse op elke dier gedoen moet word wat uit Namibië ingevoer word, is uiters verdag. “Dit word bevraagteken aangesien Namibië se dieregesondheidstatus internasionaal hoër aangeskryf word as dié van Suid-Afrika.”
Sy wys ook daarop dat die invoervereistes nie van toepassing is op wild wat vanuit Namibië ingevoer word nie, terwyl wild juis ’n hoër gesondheidsrisiko inhou.
Namibië voer reeds dekades lank beesvleis na die Europese Unie en Skandinawiese lande uit en wel onder baie streng internasionale kwaliteit-, gesondheid- en veesiekteprotokolle. Streng oudits word jaarliks deur onder meer EU-veeartse in Namibië uitgevoer by abattoirs, op plase asook by veeartsenykantore, sowel as by die onderskeie grensposte.
Darbenewens is vleisbedryf in Namibië al vir die afgelope sowat 25 jaar internasionaal gesertifiseerd ten opsigte van standaardbeheerstelsels soos HACCP, ISO, EFSIS.
Namibië is ook verlede jaar as SADC se Uitvoerder van die Jaar aangewys – ’n toekenning wat die totale waardeketting van die bedryf in ag neem.
Suid-Afrika, ’n netto-invoerder van vleis, het verlede jaar nagenoeg US$16 miljoen se skape en bokke en US$32 miljoen se beeste ingevoer, sê Viljoen. Die oorgrote meerderheid daarvan (97% van die beeste en 96% van die skape en bokke) was uit Namibië afkomstig – ’n bewys van hoe ’n belangrike uitvoermark Suid-Afrika vir Namibië is, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie