Die Boer - Melkkoeie is Okakarara-boer se ‘goue ganse’
Terwyl baie kommunale boere in die Okakarara-gebied weens die droogte moed opgee en die handdoek ingooi, gaan Jackson Hindjou se suiwelboerdery en -winkel van krag tot krag.
Die Ndjoura-varsmelkwinkel op dié dorp in die Sentraal-Noordooste voorsien die gemeenskap van melk en omaere.
Hindjou sê hy het besluit om ondanks die impak wat die droogte op boerderybedrywighede in die gebied het, besluit om van sy suiwelboerdery ‘n sukses te maak.
“As boer en entrepreneur het ek besluit om ten spyte van die veranderende klimaat en die impak daarvan op boerdery by Okakarara, waarde vir die mense in hierdie gemeenskap toe te voeg. Baie se veegetalle het sodanig afgeneem dat hulle nie meer ‘n gereelde bron van vars melk het nie,” vertel hy.
Sy lewensroeping is nie verniet om te streef na uitnemende diens nie. Hindjou het drie mense in diens en hulle verkoop namens hom vars melk en omaere aan die gemeenskap.
“Ek is baie dankbaar teenoor Namibia Dairies wat aan my ’n boerdery en ’n yskas vir my winkel geskenk het. Dit het baie gehelp om my onderneming ‘n hupstoot te gee.”
Volgens Hindjou verkies baie mense die smaak van vars melk vanweë die hoë bottervet-inhoud. Daarom glo hy dit is kommunale boere se plig om die mense in hul omgewing hiervan te voorsien.
Hy sê dit is belangrik dat kleinskaal-suiwelboere soos hy hul koeikuddes gesond hou deur na hul voeding om te sien. Verder moet hierdie boere seker maak die melk wat hulle lewer, word teen die regte temperatuur vervoer en dat die houers waarin dit bemark word, jou handelsmerk dra vir naspeurbaarheid en gemoedsrus by die verbruiker.
Hindjou raai medeboere aan om benewens vars melk, ook produkte soos botter en jogurt te maak.
Die kleinskaalse produksie van voer is ook belangrik, asook goeie kruisteling om melkproduksie te optimaliseer.
Laastens meen Hindjou is dit uiters belangrik dat kommunale produsente ooreenkomste met handelsentiteite soos Namibia Dairies sluit. “Dit is belangrik vir ondersteuning met die skep van infrastruktuur vir die melkery en goeie verkoelingstelsels”.
Om homself te vestig, was dit ook belangrik dat hy sy produk verpak in plastiekhouers wat sy handelsmerk dra.
Volgens hom is die gebrek aan bestuursvaardighede iets wat baie kleinboere kniehalter. Insgelyks die beskikbaarheid van goedopgeleide werkers binne die suiwelwaardeketting.
Verder is goeie genetika in melkkuddes belangrik vir produktiwiteit, iets wat dikwels nie in kommunale gebiede aanwesig is nie. Ander uitdagings sluit in die gebrekkige infrastruktuur in landelike gebiede, vervoerprobleme en die gebrek aan verkoelingsgeriewe om te verseker dat die melk binne 2 tot 4 ure nadat gemelk is, verkoel word.
Hindjou meen hierdie probleme kan deur middel van opleiding, die beskikbaarstelling van inligting en beleidsaanpassing in die bedryf getakel word. “Ons het ’n ondersteunende handelsomgewing en robuuste regulasies nodig.”
Dit hou praktiese uitdagings vir die suiwelsektor in wat die voortou moet neem met die inwerkingstelling van ’n nasionale strategie vir die ontwikkeling van die bedryf in kommunale gebiede, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie