Die Boer - Rukoro onder vier oë by Osire Waterberg
Die Osire Waterberg Boerevereniging het onlangs sekere kwelpunte met die die hoof uitvoerende beampte van Meatco, adv. Vekuii Rukoro, bespreek. Hy het só op boere se vrae geantwoord:
Suid-Afrika is besig om met Brasilië ? vrye handelsooreenkoms aan te gaan om goedkoop vleis te bekom. Hoe gaan dit ons vleispryse beïnvloed?
Sou die onderhandelinge suksesvol wees, sal dit implikasies vir die rooivleisbedryf in Namibië inhou. Een van ons belangrikste markte is Suid-Afrika, veral ten opsigte van die groot hoeveelheid speenkalwers wat ons na voerkrale daar uitvoer.
Die implikasies kan oor die langer termyn negatief vir die speenkalfbedryf wees, maar met elke uitdaging is daar ook ? geleentheid. Die geleentheid is dat ons as produsente, maar ook saam met die regering, om ? tafel moet gaan sit en met planne vorendag kom om hierdie uitdaging in ? geleentheid te omskep. Nie alles nie, maar heelwat meer van ons speenkalwers moet binnelands gehou en self grootgemaak word. Waarde moet dan plaaslik toegevoeg word, eerder as wat ons hulle op die hoef na Suid-Afrika uitvoer.
Dit sal natuurlik meebring dat ons oor plaaslike, grootskaalse produksie van voer moet praat wat nie maklik gaan wees nie. Dit is hier waar ons die regering se hulp nodig het om die Groenskema wat op die voedselsekuriteit vir mense gegrond is, ook te gebruik om voer vir diere te produseer, wat net so belangrik is.
Ons is oortuig as ons op daardie grondslag ons eie voer op grootskaal kan begin produseer en ? paar voerkrale op strategiese plekke kan opsit, ons dit kan bekostig om minder kalwers as gewoonlik na Suid-Afrika uit te voer.
Suid-Afrika as ? groot mark vir Meatco en ander markte – hoe lyk die situasie?
Suid-Afrika is tradisioneel een van ons belangrike markte, maar wat oor die afgelope paar jaar gebeur het, is dat ons begin het om ons uitvoermarkte te diversifiseer sodat ons nie van een mark afhanklik is nie. Op die oomblik gaan 30% van die vleis wat ons uitvoer na Suid-Afrika. Behalwe vir dit wat ons plaaslik eet, voer ons ook uit na Europa, Noorweë, Italië, die Verenigde Koninkryk en Duitsland en het ons ook nou die dag die Griekse mark betree.
Ons voer ook nou na Rusland uit en die vleis wat ons tradisioneel aan die Suid-Afrikaanse mark verkoop, kan eintlik beter pryse daar behaal. Dit is ? manier om ons so te posisioneer dat sou die Suid-Afrikaanse mark nie meer winsgewend wees nie, ons alternatiewe het.
Ons is ook hard besig om markte in die ooste, soos China en Hongkong, te ondersoek.
Die Noorweegse kwota
Ons het baie hard daarvoor geveg dat die Noorweegse kwota op ? meer regverdig wyse verdeel word. Die vorige 50/50-verdeling tussen ons en Witvlei Meat was nie regverdig nie. Meatco slag meer as 100 000 diere per jaar en Witvlei slag net 8 000, wat net genoeg is vir die Noorweegse mark. Die regering het die argumente aanvaar en die verdeling gewysig. Vanjaar het ons 75% van die kwota gekry.
Norweë is die mees winsgewende mark in die wêreld. Wat ons daar uithaal in terme van opbrengs, is ook versterk deur die wisselkoers wat op die oomblik positief ten opsigte van ons uitvoere is. Dit stel Meatco in staat om die pryse drasties aan te pas.
Hoe lyk die toekoms van produsentepryse?
Wat produsente as ons sakevennote moet verstaan, is dat Meatco nie sy beleid van een jaar tot ? ander jaar ten opsigte van die prys verander nie. Dit is net die omgewings- en markfaktore wat verander en ’n impak het op wat Meatco kan betaal. Ons betaal net wat ons uit die markte kan haal. Die maksimum wat ons aan produsent kan stuur, stuur ons.
As die Suid-Afrikaanse pryse nou begin daal, dan is daar geen rede hoekom ons die Suid-Afrikaanse prys as basis moet gebruik nie. Dan gebruik ons wat ons uit die mark kry en vir elke dollar wat ons kry, kyk ons hoeveel vir operasionele behoeftes nodig het asook om rente aan die bank te betaal. Soos julle weet, betaal ons vyf dae na lewering, maar as ? besigheid kry ons eers ons geld 90 dae na lewering aan Europa. Dit wat oorbly, is die produsente s’n. Ons het nie aandeelhouers nie; ons betaal ook nie spesifieke dividende aan enige party nie. Ons kan dus net bonusse aan ons produsente in die een of ander vorm uitbetaal, gewoonlik deur middel van die prys wat ons betaal.
Kan ek as ? boer by Meatco staan en vertrou dat ek die beste prys sal kry, veral in die lig daarvan dat die Angolese beter pryse betaal?
Soos julle weet is ek nuut by Meatco, bietjie meer as ? jaar, dus ken ek nie die geskiedenis tussen die boere en Meatco nie. Maar ek voel daar is ? warm-koud-verhouding tussen Meatco en produsente. Ek verstaan nie mooi hoekom dit so is nie, want as julle na Meatco as organisasie kyk, bestaan dit nie vir homself nie.
Sonder produsente en die boere sal Meatco nie bestaan nie. Ons bestaan is simbioties. As dit goed gaan met die boere, moet dit goed gaan met Meatco. En as dit goed gaan met Meatco, moet dit ook natuurlik goed gaan met die boere. Ons moet mekaar in die oë kyk en gereeld met mekaar gesels, sodat produsente presies weet wat Meatco se strategie is, hoekom daardie strategie gevolg word en wat die mark- en omgewingsfaktore is wat ons in ? sekere rigting laat beweeg. As ons in ’n rigting beweeg, beteken dit dat ons ons sakekollegas, wat die produsente is, ook saamvat. Meatco kan nie links gaan en die produsente regs nie. Ons moet saamwerk.
Ons moet verstaan wat die uitdagings is wat boere as sakemanne ervaar en wat die uitdagings is wat Meatco in die mark ondervind, soos kompetisie, die beleid van ’n land en politieke besluite wat geneem word wat Meatco negatief raak. Deur dit alles moet Meatco en produsente probeer saam swem.
Ons glo in ? vryemarkstelsel, so ek sal nie die een wees wat sê alle boere in die land moet net deur een kanaal bemark nie. Daar is ander kanale wat vir boere bestaan. Dis ? sakebesluit vir elkeen van ons – wat pas my as besigheid. Is dit om nou saam met Meatco te gaan, of moet ek ? ander roete volg? Dis die produsent se keuse, watter kanaal hy gaan volg. Ons sal nie ? boer kwalik neem as hy vanjaar by Meatco bemark omdat die omstandighede van sy besigheid beteken hy moet nader aan Meatco beweeg, en in ? jaar of twee later besluit hy om iewers anders heen te gaan nie. Dis ? sakebesluit wat ? boer vry is om te neem, en jy kan suksesvol daarmee wees of nie.
Wat ek van verlede jaar af probeer doen, is om Meatco as ? suksesvolle, winsgewende besigheid te posisioneer. Ons moet ? suksesvolle besigheid wees in belang van die produsent. Hoe suksesvoller ons is, hoe meer winsgewend is ons. Omdat ons nie aandeelhouers het nie, behou ons nie eens 1% in die organisasie nie. Ons voel ons moet, nadat ons ons bedryfkostes afgetrek het, alles terug in die produsent se sak sit.
Ons is oortuig Meatco is op die oomblik een van die suksesvolste organisasies en ons doen sake soos ? regte besigheid. Ons het ? strategie, ons word baie deur ons direksie gemonitor en op ons tone gehou, en die finansiële verslae sal binne twee maande wys dat Meatco goed gedoen het.
Verlede jaar het ons aan produsente die prys betaal wat ons gevoel het die beste in die omstandighede was. Einde Januarie het ons die duidelikheid gekry van hoe goed ons gedoen het. En om te wys dat Meatco regtig goed gedoen het, gaan ons aan produsente ? agterskot betaal, ek weet nie hoeveel nie, maar ons sal dit binne die volgende twee maande doen.
Ons doen ons beste in belang van produsente, maar ons móét saamwerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie