Die bom met 'n boodskap
Die VSA het 'n duidelike boodskap gestuur toe hy Afganistan Donderdag met die sogenaamde “moeder van alle bomme” bestook het.
Erika Gibson
Die sogenaamde “moeder van alle bomme” wat die Amerikaners Donderdag op die tonnelnetwerk van die Isis-Khorasan-terreurgroep in Afganistan losgelaat het, was 'n bom met 'n duidelike boodskap.
Dié boodskap was eerstens een van vergelding nadat die Isis-K verlede week 'n lid van die VSA se spesiale magte in die Nangarhar-provinsie van Afganistan doodgeskiet het. Dit was tweedens 'n boodskap vir die res van die VSA se vyande om te wys wat dié land alles in sy arsenaal het én dat hy nie skroom om dit te gebruik nie.
Die GBU-43/B-bom is die VSA se grootste bom ná 'n atoombom en veroorsaak 'n skokgolf wat die uitwerking van 11 ton TNT het.
Die Russiese weermag het intussen ook sy spiere gewys en meer besonderhede oor sy “vader van alle bomme”, waarvan die verwoestende uitwerking vier keer kragtiger is as die Amerikaners s'n, aan Russiese televisiekanale verskaf. Rusland het dié bom reeds getoets, maar nog nie operasioneel aangewend nie.
Terselfdertyd het Noord-Korea Vrydag op 'n militêre parade sy eie militêre vuis gebal. Op parade was 'n splinternuwe ballistiese missiel wat deur duikbote afgevuur word, sowel as 'n verskeidenheid interkontinentale ballistiese missiele wat glo teikens tot in die VSA kan tref.
Die Amerikaanse lugmag het bevestig dat daar 20 van die megabomme vervaardig is. Een daarvan kos $170 000.
Die paddastoelvormige rookwolk van dié ontploffing was meer as 30 km ver sigbaar. Die impak daarvan was vernietigend en volgens die Afgaanse owerheid is minstens 90 van Isis-K, 'n splintergroep van die Islamitiese Staat, se lede in die ontploffing dood.
Pres. Donald Trump was in sy reaksie vaag oor of hy besig is om sy militêre spierkrag te toon: “Ek weet nie of dit 'n boodskap was nie. Ek gee my goedkeuring aan die weermag om op te tree en hulle het net hul werk gedoen.”
Oudpres. Hamid Karzai van Afganistan het die VSA daarvan beskuldig dat hy dié land as 'n militêre toetsterrein vir sy wapentuig misbruik.
Die plofkrag en skokgolf van die bielie van 'n bom veroorsaak 'n brandende ontploffing en 'n aardskudding na onder toe. Dít is hoekom dit in Afganistan gebruik is om die tonnel- en grotnetwerk van IS, waar hulle ook baie van hul wapens berg en bomme bou, te verwoes.
Volgens Helmoed-Römer Heitman, 'n militêre kenner, is dié megabom in 2003 ontwikkel toe die Amerikaners in die stryd teen Saddam Hoessein in Irak betrokke was. Dit is nooit gebruik nie.
“Daar gaan noodwendig vergeldingstappe van Isis wees soos wat daar gewoonlik in reaksie op so 'n magsvertoon is,” sê Heitman. Dít neem gewoonlik die gedaante van terreuraanvalle op Westerse teikens aan.
-Netwerk24 (Bykomende inligting: Air Force Times, Reuters, Business Insider en www.globalsecurity.org)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie