Die buurt se 'famous tyd'
Die buurt se 'famous tyd'

Die buurt se 'famous tyd'

Cobie Bok
Die buurt se kinders raak ook soms bekend en beroemd, soos die gents altyd sê, “famous-tyd is famou-tyd”.

Die gemeenskappe in Namibië wil ook graag Frankies, Burgers, Simons en Nujomas onder die jongmense sien.

Om sport te doen, veral om rugby of sokker te speel, kan jou laat uitstaan in jou eie buurt – en as jy ernstig is, kan jou mense jou as 'n ster beskou.

En sodra jy uitvind jy is famous-tyd in die buurt, hou jy vir jou vanselfsprekend 'n chieza “om brekerig te wees”, om te sê jy's easy to love.

Dan kry jy sommer ouens soos ­Cobie Bok, wat daarvan hou om foto's te neem by kuiergeleenthede, om die foto's aan die koerant beskikbaar te stel en jy sit dit op Facebook – net dat elkeen 'n kans kry om bietjie beroemd te voel.

Vasatjie, my lanie.

Dit beteken “verstaan jy, my baas”.

Dis gewilde slang wat saam met die lewe in die buurt gaan.

“Awang” is om saam te stem, dieselfde as “aweh”.

Dis nie altyd maklik om beroemd te wees in die buurt nie, maar dit help as jy jou beeld skoon hou en ordentlik is.

Soms voel dit of ek 'n kamera op my gesig het – mense verwag altyd 'n kiekie van my af.

Soms wil ek ook saamkuier.

“Cobie, hoekom kom jy nie kerk toe nie? Om video's te kom maak van my, dan sit jy my op Facebook . . . ”

Ek was sommer lus om te sê ek lag my gat af vir dié een.

Ja, smart phones het dit maklik gemaak vir mense om mekaar dop te hou – veral op die verskillende sosialemediaplatforms.

Jou selfoon is basies die kanaal waarop mense die buurt se beroemdes kan dophou, en die kanaal wat die meeste gekyk word, is jou WhatsApp-status.

Deur slegte publisiteit dink ek ons plaaslike mense kry eintlik maklik publisiteit.

Goed of sleg, jy kan sien wie was waar, wanneer en wat het hulle gedoen.

Ja, Cobie Bok was weer hier, ja Cobie Bok doen weer dit, ja, ek ken iemand wat dit kan doen, sy naam is Cobie Bok, en vra 'n bietjie vir Cobie Bok.

Mense dink dis net ondervinding in die vorm van self doen, luister en gehoorsaam wees.

'n Mens hoef nie altyd alles self oor te kom voor jy daaruit leer nie.

Wat is volgende?

Dit is 'n algemene vraag in my lewe.

Ja, 'n mens bedink die weg, maar die Here bestuur dit, so ken Hom in al jou weë en hy sal jou paaie gelyk maak. Sowaar, dis net die Here se genade wat my dra, van plek tot plek en geleenthede tot sukses.

Cobie Bok gaan sekerlik binnekort sy naam oorsee gaan maak, van die buurt tot binne-in 'n vreemde land.

Hiermee wil ek die geleentheid gebruik om dankie te sê vir die Here vir waarheen Hy my verder gaan neem.

Dankie aan Ma Bok, I salute you, Papz, may your soul rest in peace.

Ek salute ook my familie, vriende en kollegas.

Ek is met die geloof, saloet!

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer