Die dag toe ek my hond (amper) laat doop het.
In Joburg is daar ’n Anglikaanse kerk wat een maal ’n jaar ’n diens vir diere hou. Ja, rêrig.
Op daai Sondag kan jy dan jou honde, katte, hoenders, hamsters, slange en tarantulas laat doop.
Vyf jaar gelede besluit ek en ’n vriendin ons gaan ons honde daar laat doop.
Nie een van ons is Anglikaans nie, but who cares?
Vriendin het ’n uitgevrete Husky wat dink hy's in ’n boy band, en ’n dik Labrador met ’n senutoestand – hy moet heeltyd ’n skwiekende rooi rubberkarretjie kou, anders kry hy ’n ineenstorting.
En ek het toe pas my enigste seun, Otto, aangeskaf. Otto is ’n Duitse herdershond en was toe nog ’n geniepsige, klein, wollerige, hangoor-babatjie.
Vriendin en ek daag dié betrokke Sondag elk in ons eie voertuie by die kerk op om te verhoed dat haar honde nie my enigste seun opvreet nie.
Ons het ’n plan van aksie: Spruit, toe agt jaar oud, sal vir Otto'tjie tydens die diens vashou, ek sal die boyband-Husky beheer, en Vriendin sal die fruit basket van ’n Labby behartig.
Buite die kerkie, op die grasperk, is dit net honde, katte, hoenders en hamsters waar jy kyk. Die honde darem op leibande, die katte, hoenders, ’n slang en hamsters in hokke. Hulle almal kyk mekaar uit soos oumense in ’n swingersklub - lus.
Spruit sit vir Otto neer, en hy gedra hom heel skaflik, en Vriendin se dik Labby is gelukkig solank daai piepkarretjie nie uit sy mond uit val nie. Maar o wee, ek en die atletiese boyband-kêrel vaar nie te goed nie. Dis asof ’n skakelaar in sy kop afgegaan het toe hy besef hy is in Disney World vir honde. Hy begin rondjaag. En ek, wat vir die geleentheid my enigste kerkerige skoene aangetrek het (lees hakke), besef ek kan hierdie kêrel glad nie beheer nie. Veral nie op hakke nie.
Eers word ek voor die kinderkoor wat op die grasperk staan en sing, verbygesleep, toe deur ’n bedding krismisrose en toe word daar met my gesig in die kerkdeur vasgejaag. Die ander diere-eienaars kyk my aan asof hulle probeer vra wat de hel is fout met jou dat jy nie jou hond kan beheer nie? Twee high and mighty volwasse Duitse herdershonde kyk ons aan asof ons van die plaas af kom.
Uiteindelik is ons in die kerk. Ek, Vriendin, Spruit en die malhuis gaan sit heel agter in die kerk. Daar waar die mense wat vinnig wil ontsnap gewoonlik sit. My make-up is lankal afgesweet en Vriendin se senuwees is klaar. Die priester begin bid. Maar niemand maak hulle oë toe nie.
Die hoenders in die ry voor ons kyk angsbevange na die slang twee rye voor hulle, en die Duitse snobs loer heeltyd oor hul skouers na ons. Ook niks gewoond nie, sê hul gesigte.
Die boyband-kêrel het intussen gekalmeer en Otto sit soet op Spruit se skoot, maar Fruit Bag het sy karretjie verloor. Dit lê onder die tannie met die hoenderhok op haar skoot. Fruit Bag is besig om ’n angsaanval te kry en maak geraas. Spruit kruip onder die tannie met die hoender op haar skoot in agter die karretjie aan. Otto trek gesigte vir die Duitse snobs. Ek en Vriendin hou net aan sweet, ons hare plak al aan ons gesigte vas.
Spruit oorhandig Fruit Bag se karretjie weer aan hom, en vir twee sekondes is hy gelukkig voor hy dit weer onder die hoender in spoeg. Angsaanval, Spruit kruip rond, Duitsers gee vuil kyke - en Boyband kom agter daar's ’n slang in die kerk.
Die gewyde atmosfeer is in sy moer in.
Die hoender lyk of sy oë uit sy kop gaan bars.
Naderhand kan die priester dit nie meer hou nie, en hy vra of die mense in die agterbanke nie maar asseblief kan ophou raas nie. Maar Fruit Bag wil nie ophou skwiek met sy karretjie nie. En Boyband het my stoel al amper tot in die middel van die saal gesleep. Ek sit en klou verbete aan sy leiband vas. Spruit se arms raak moeg en Vriendin is na aan trane.
Kom ons gaan huis toe, sê ek.
Die diere moet maar heidene bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie