Die derde golf en die emosionele letsels

’n Noodsaaklike stap wat gedoen moet word om die skok en trauma te benader, is om daaroor te praat, sê ’n kliniese sielkundige.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Kenners waarsku die verwoestende impak van die pandemie op ’n mens se geestesgesondheid word nie net onderskat nie, maar ook ernstig afgeskeep.

“Die sielkundige impak word ernstig onderskat. Nou sit ons met trauma, hartseer, vrees en paniek,” het die kliniese sielkundige me. Heidi Burmeister-Nel gewaarsku.

Sy het bygevoeg traumaspesialiste het oor die afgelope jaar ‘n “dramatiese toename in depressie en angs” opgemerk, en ’n gemeenskaplike hartseer het toenemend onder Namibiërs posvat soos die derde golf-sterftes en –hospitalisasies skerp toegeneem het.

“Dit is dikwels ’n aspek van dié pandemie wat afgeskeep word,” het sy gesê.

Die kliniese sielkundige me. Iani de Kock sê ’n reeds kwesbare emosionele toestand is vererger deur die tol wat 'n jaar van beperkings, waar onder isolasie, hospitaalbesoeke, beperkings op begrafnisse en meer onlangs 'n sterk toename in infeksies en sterftes, meegebring het.

“Daar heers tans baie vrees. Vrees om self die siekte op te doen, óf vrees om geliefdes te verloor.”

Sy het bygevoeg Namibië ervaar 'n vorm van ingewikkelde en kollektiewe verlies wat op die lang termyn tot emosionele letsels kan lei as dit nie behandel word nie.

“Breinskanderings wys die impak van angs, depressie en trauma op die brein. As jy aan geestesongesteldheid as strukturele veranderinge aan jou brein dink, gebeur hierdie dinge nie oornag nie. Met Covid-verwante geestesversteurings, wat ons nou sien, is hierdie dinge deurlopend en langdurig.”

Sy sê daar heers ernstige kommer dat “ons steeds met 'n hele klomp mense sal sit wat nou met langdurige depressiewe, angstige, obsessiewe steurnisse sal worstel wat hulle langer as Covid-19 sal volg.”

NUWE NORMAAL

‘n Noodsaaklike stap wat gedoen moet word om die skok en trauma te benader, is om daaroor te praat.

De Kock sê dit is van kritieke belang om te aanvaar dat dit in die nuwe normaal “oukei is om nie oukei te wees nie”.

Sy het bygevoeg dit is ook belangrik om bewus te wees van die emosionele verwoesting wat die derde golf meegebring het.

“As daar iemand is wat verwag dat hul gades, hul kinders of hul werknemers 100% funksioneer en hul beste lewens leef, dink ek nie die persoon het die afgelope tyd aandag gegee nie.”

Me. Hermien Elago, die stigter van Brave Hearts en ’n kampvegter wat haar beywer om die taboe rondom die kwessie van geestesgesondheid af te breek, het benadruk dat die derde golf die pandemie meer as ooit vantevore by huise en werkplekke ingebring het.

“Dit het begin as ’n ding oor getalle en nou is dié getalle mense wat ons ken. Dit is nie meer nét daar buite nie – dit is hier, dit is in ons huise.”

Sy het bygevoeg die verskeie infeksies onder gesinne en gemeenskappe, en die gevalle en sterftes wat bly toeneem, het 'n donker wolk van wanhoop en hopeloosheid ontketen.

“Vir die meeste van ons is dit nie net een persoon nie. Dit is die een na die ander.”

GEREEDSKAP

De Kock het verduidelik normale rouprosesse word belemmer deur 'n wêreld wat nie gebou is om die tragedie wat tans in Namibië ontvou, te weerstaan nie. Maar daar is stappe wat gedoen kan word wat na uiteindelike genesing kan lei.

“Vanuit 'n geestesgesondheidsperspektief is dit baie belangrik dat ons die huidige toestand van die wêreld erken, asook die impak wat dit op ons het.”

Die eerste stap, het sy benadruk, “is om daaroor te praat”.

De Kock het Namibiërs aangemoedig om “baie meer empatie en medelye te betoon. Net soos ons sukkel en treur, moet ons erken dat ons kollegas of werknemers ook sukkel. Hulle worstel met depressie en angs. Hulle worstel met hierdie nuwe normaal.”

Elago sê haar fokus op geestesgesondheid en die gebruik van terapie oor baie jare het haar gehelp om 'n “gereedskapskis” saam te stel wat haar deur die ergste storm gedra het.

“Ek glo eerlikwaar ek sou al dood gewees het as ek nie dié gereedskap gehad het nie.”

Sy het gesê terapie het haar gehelp om te aanvaar dat “hartseer, vrees en angs dikwels hand aan hand gaan en 'n doel dien. Die integrasie daarvan, veral nou, is belangrik. Ons is almal 'n bietjie bang en angstig.”

Die ekonoom mnr. John Steytler het onlangs geskryf oor sy eie worsteling met depressie en angs wat gepaard gegaan het met die uitbranding waarmee hy gediagnoseer is.

Hy het gesê “geestesgesondheid is steeds ‘n taboe-onderwerp” in Namibië, maar het benadruk dat min mense ongeskonde gelaat is deur die sielkundige impak van Covid-19 en dat dié taboe dringend afgebreek moet word.

“Ons moet openlik oor dié taboe praat.”

Afgesien van die erkenning van die gemeenskaplike hartseer en trauma, is 'n ander stap om saam te staan en betekenis te vind in hierdie ongekende tye, beveel Burmeister-Nel aan.

“Ondanks die feit dat ons in isolasie is, kan ons verbind wees. Ons kan by mekaar staan en vir mekaar sorg. Ons moet vriendelik en vrygewig en liefdevol teenoor mekaar wees.” - [email protected]

Kyk die video: Trauma as Namibia's third wave turns deadly - NAMIBIA MEDIA HOLDINGS YOUTUBE

Kommentaar

Republikein 2024-10-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 2 vs 1 Chelsea | Wolves 1 vs 2 Manchester City | Bournemouth 2 vs 0 Arsenal | Ipswich Town 0 vs 2 Everton | Southampton 2 vs 3 Leicester City | Newcastle 0 vs 1 Brighton | Manchester United 2 vs 1 Brentford | Fulham 1 vs 3 Aston Villa | Tottenham Hotspur 4 vs 1 West Ham LaLiga: Villarreal 1 vs 1 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Leganés | Mallorca 1 vs 0 Rayo Vallecano | Celta Vigo 1 vs 2 Real Madrid | Girona 0 vs 1 Real Sociedad | Osasuna 1 vs 2 Real Betis | Athletic Club 4 vs 1 Espanyol | Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid SerieA: Cagliari 3 vs 2 Torino | Lecce 0 vs 6 Fiorentina | Venezia 0 vs 2 Atalanta | Empoli 0 vs 1 Napoli | Juventus 1 vs 0 SS Lazio | AC Milan 1 vs 0 Udinese | Genoa 2 vs 2 Bologna | Como 1 vs 1 Parma European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 1 Sunderland | Stoke City 1 vs 1 Norwich City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Burnley | Queens Park Rangers 1 vs 2 Portsmouth | Millwall FC 1 vs 1 Derby County | Middlesbrough 0 vs 2 Bristol City | Blackburn Rovers 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 1 vs 0 Coventry City | Oxford United 1 vs 1 West Bromwich Albion | Luton Town 3 vs 0 Watford | Cardiff City 5 vs 0 Plymouth Argyle | Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 1 Sunderland | Stoke City 1 vs 1 Norwich City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Burnley | Queens Park Rangers 1 vs 2 Portsmouth | Millwall FC 1 vs 1 Derby County | Middlesbrough 0 vs 2 Bristol City | Blackburn Rovers 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 1 vs 0 Coventry City | Oxford United 1 vs 1 West Bromwich Albion | Luton Town 3 vs 0 Watford | Cardiff City 5 vs 0 Plymouth Argyle | Leeds United 2 vs 0 Sheffield United #N/A Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.11 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.6 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.06 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 129.1 | USD to NGN 1651.73 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1885.58 Up +0.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14080.57 Down -0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 721.90/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.26% | Zinc US$ 3 104.30/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 73.44/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 1 014.04/OZ UP +1.97% #N/A