Die desimaalduiwel
Lloyd Zandberg - Verlede week was vir my en ‘n handjievol ander individue anders.
Anders in die sin dat dit meer impak as ons normale, flou roetines gehad het. Dit was die ATKV-Tienertoneel se Namibië-streeksfees hier in die hoofstad. ‘n Fees van talent, indrukwekkende tekste en fenomenale regie. Kos vir my brein en energie vir my plan.
En dit eindig toe met ’n desimaal. Of nul-komma-iets. Ek is nie eens seker wat dit beteken nie. Google. Vra.
Die desimaal. Of dan nou daai komma in ‘n ry getalle wat te lank is om uit te spreek. Volgens ons goeie vriend en staatmaker Google, is die desimaal ‘n syferstelsel (ook bekend as die basis-tien-posisionele getallestelsel) en ‘n die standaardstelsel om getalle en nie-heelgetalle aan te dui. Die desimaal kan beskou word as die verskil tussen goud, silwer en brons, of goed, beter en beste. Die plekhouer vir onderskeid tref.
Brons. Die huwelik tussen goud en silwer. Die oomblik waar twee wêrelde smelt, trou en aan ‘n nuutskepping geboorte gee. Brons is ‘n kleur. ‘n Metaal. ‘n Maatstaf. ‘n Gevoel. Brons. Soos ’n kat se oog of ‘n koning se blaker. ‘n Jakkals se skyn in die goue uur. Die laaste gedagte van die dag is brons. Brons is die kleur van gelykheid, die eenvoud, die waarheid. Dis harde werk en uithouvermoë. Brons is ook die kleur van ‘n sertifikaat. ‘n Puntestelsel vir die uitsondering van ‘n amper-goeie-iets. Of ‘n mooi-probeer-spektrum. Brons is die middelpunt van ‘n nuwe begin. Brons is die auras van die akteurs wat voor my gesit het. Iets wat dalk silwer kan raak. Of eventually 'n silwer rand by kan kry. Ons ontvang brons. Verskeie.
Silwer. Die gevoel van luuksheid. Die moed van jong, opkomende individue. Die kleur van die oseaan se bodem. Die reuk van bloedsweet. Die volgende stap op die skaal van prestasie, daai oomblik waar mense begin luister na wat jy doen. Silwer se intensiewe vorm is goud. Ons palm silwer in.
Goud, die kleur van rykdom. Die simbool van sukses. “Au” op die periodieke tabel. Die hoofdogter van metale. Die swaarste van sy soort. Die blinkste op ‘n vinger. Die skaduwee van ‘n somersonsak. Die hoogtepunt van ekstase. Die sertifikaat vir uitstaande prestasie. Die prys van geweld. Ons verdien goud. Ons kry dit toe ook.
“Slaap julle? Waar is julle energie? Verstaan julle dit steeds nie?” vra ek vir die akteurs wat voor my in ‘n halfmaan op ou stoele met hangogies sit. Dan volg die alombekende kreun. Die kreun van uitputting en moegheid. ‘n Bronskreun.
“Ons sal reg wees,” antwoord een van die hoofspelers terwyl iemand vals oogwimpers plak “Moenie worrie nie.”
Toe trek hulle weg en speel die gehoor aan’t huil en lag. Skaterlag. Donkerhuil. Ná die tyd arriveer die desimaal sonder ‘n lasbrief of amptelike uitnodiging.
Die desimaal val tussen goed, beter en beste op sy rug, en land tussen ‘n hoop vraagtekens en silwergesigte. Almal kyk rond. Goud gryp die speler om die nek. Ek tel die laaste hoop op. Die desimaal weet nie wat hy doen nie. Hy bring verwarring. En mag. En trots. En ‘n nuwe teks. En harder werk. En meer fokus. En aanhou sonder ophou. Dis net 0.284. Dis al.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie