Die dinge wat kinders sê
Daar word gesê klein kinders is engeltjies wat nog nie hul vlerke verloor het nie. Dit is seker hoekom kinders baie keer ongelooflik intuïtief is en soms die koddigste goed te sê het.
‘n Vriendin van my se kleinkind, toe sy jonger was en waarskynlik toe nog haar vlerkies gehad het, het die mees verstommende manier gehad om mense in ‘n sekonde op te som en dan met die mees gepaste naam te doop.
So byvoorbeeld het sy ‘n tannie wat ‘n kompulsiewe – twak – prater is “Tannie Bla Bla” gedoop. ‘n Seun wie se ma van die Suide en pa van die Noorde is, het sy “Namibië” gedoop. ‘n Jong meisie wat gedurig met ‘n snaakse Amerikaanse aksent gepronk het, het sy “Katutura” gedoop. My ma het sy “Joycie” gedoop kort nadat sy ‘n suster van my, Joy, ontmoet het sonder dat enigiemand die verband tussen Joy en Joycie ooit aan haar verduidelik het.
Arme Joycie is ook vertel hoe sy baie kenne het, maar jare later word Joycie steeds Joycie genoem, maar helaas, ek dink die dogtertjie het haar vlerkies intussen vergeet, want deesdae as sy iemand ontmoet, moet sy vra: “Wat is jou naam?”
''n Susterskind, baie behep met geld, toe hy so vier jaar oud was, sê hy gaan eendag die baas van ''n bank wees. Toe ons vra hoekom sê hy sodat hy ''n swembad kan bekostig, want hy wil swem in die geld.
Nóg ''n susterskind, seker een van die intuïtiefste kinders wat ek nog teengekom het, het sommer woorde in kleure gesien. Toe hy vyf jaar oud was, het ek en hy eendag lekker sit en gesels. Waaroor kan ek nie meer onthou nie, maar ek onthou hoe hy plek-plek opgemerk het: “Daai woord is blou.” Óf pers, óf rooi, of watter kleur van die reënboog ook al.
Nooit een wat ooit baie lief vir skool was nie, het hy eenkeer - sal ons sê - sy “spesiale gawe” om te sien wat ander nie kan sien nie, probeer misbruik.
Hy het een oggend botweg geweier om vir skool voor te berei en met oorwinning in sy stem verklaar: “Vandag hoef ek nie skool toe te gaan nie, want ek weet klaar wat alles hulle daar gaan sê.” Sy ma: “Wat bedoel jy?” Hy, verontwaardig: “Ek het vir vyf ure lank laasnag van die skool gedroom!”
‘n Jaar of wat later het hy op die vloer van die kombuis gelê met sy hande onder sy kop gevou en ‘n gepynigde uitdrukking op sy gesig. Sy ma: “Hoekom lê jy so op die vloer?” Hy: “Ek is bitter bekommerd oor die ekonomiese ineenstorting [van 2008]. Iets sal daaraan gedoen moet word.” Sy ma: “Wel, hoekom word jy nie ‘n ekonoom en probeer dan iets daaraan doen nie?” Hy, vererg: “Wel, julle verwag seker nie dat ek alleen iets daaraan moet doen nie, of hoe?”
Na ‘n verdere bespreking oor hierdie gewigtige onderwerp het my suster uitgevind hy was maar net bekommerd dat hulle nie meer die “gadget” wat hy wou hê, sou kon bekostig nie.
Hy is nou ‘n mooi, uitgegroeide jongman en sien waarskynlik nou die woorde in wit en swart.
Dit is nogal ‘n jammerte, want ek weet nie of kinders hul vryheid van spraak behou soos hul ouer word nie. Ek weet ook nie of dit slegs uit die mond van die suigeling is waar ons die waarheid sal hoor nie, want kinders se logika is eenvoudig, baie reguit, nie gefiltreer, en doodeerlik.
Om eerlik te wees, eienskappe wat ek dink die wêreld nodig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie