Die dok en die 'dronk' motor
Namibiërs is met reg verbysterd oor die ontvouende sage rondom ‘n Zimbabwiese staatsdokter wat op Otjiwarongo werk.
In ‘n land waarin padsterftes krisisvlakke bereik het, het ‘n video waarin die arts beswaarlik ‘n voertuig op die pad kon hou honderde duisende inwoners se mae laat draai.
Intussen blyk die dokter was in Julie 2015 betrokke by ‘n motorongeluk waarin drie mense omgekom het. Die hof moet nog uitspraak lewer, maar ‘n lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik omdat hy nie verlede week by die hof opgedaag het nie.
As werkgewer het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die dokter met verlof gestuur.
In die algemeen gaan dit nie net oor hierdie motorbestuurder nie, maar almal soos hy waarvan Jan Publiek salig onbewus is.
Die video stel die mag van gemeenskapspolisiëring ten toon. Hoe op die wenk gereageer is, is egter aanvegbaar.
Uitdagings met polisiëring en regspraak is alom bekend. Die spesifieke voorvalle verteenwoordig egter ‘n baie spesifieke toets.
Die bestuurder was duidelik nie kapabel nie. As hy ‘n asemtoets geslaag het, hoekom is ‘n outydse soberheidstoets nie gedoen en bloedtoetse gevra nie?
Hoekom moet naasbestaandes byna drie jaar later steeds op die afhandeling van ‘n relatief eenvoudige strafsaak wag? Hoekom word bestuurslisensies nie ingetrek wanneer daar meriete vir sulke optrede is nie?
Hierdie lysie hoekoms is glad nie uitgeput nie.
Enige negatiewe gedragspatroon kan net deur middel van tydige en doeltreffende ingryping gestuit word.
So sê ander
13 Maart 2018
Vladimir Putin’s Toxic Reach
Prime Minister Theresa May of Britain declared an end to a mystery that was really no mystery.
It was “highly likely,” Mrs. May said on Monday, that a former Russian spy and his daughter were poisoned in Salisbury, England, by Russian agents in an “indiscriminate and reckless” attack.
It clearly had the blessing of President Vladimir Putin, who had faced little pushback from Britain in the Litvinenko case.
The likely answer was provided by Mr. Putin himself a few months after Mr. Skripal was traded to the West. Asked during his annual give-and-take with reporters in 2010 how he would treat treason, Mr. Putin, a former K.G.B. agent, replied: “Traitors will kick the bucket, trust me.”
If Russia’s message is that no “traitor” is safe anywhere, it should be in the interest of every nation to send an indelible message to Mr. Putin that he cannot deploy his weapons of war anywhere he wants.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie