Die duur prys van verwarring
Gister is grensposte wat die naweek skielik vir buitelandse besoekers gesluit is weer oopgemaak.
Rede het geseëvier. Indien dit 'n oproep van Staatshuis in Windhoek-Oos se heuwels geverg het (uitsluitsel is eers later die week verwag), was dit goeie optrede.
Vyf dae se chaos het egter 'n duur prys. Sekere voornemende besoekers het hul reise gekanselleer sedert die naweek se ingryping. Ander gaan dalk onseker bly of weens die episode eers later kom kuier.
Dit is kommerwekkend dat die kwessie nie vroeër in forums wat daarvoor bestaan en vergaderings wat reeds plaasgevind het, uitgeklaar is nie. Die gevolg – in al sulke gevalle – is skade vir geraakte bedrywe, die regering en die land se beeld.
Indien aantygings waar is dat die Namibiese Toerismeraad (NTB) al vir sewe maande sonder plan is, nie sy stem laat geld nie en nie die bedryf genoegsaam ondersteun nie, is daar nou krake in hierdie bedryf wat dringend toegemessel moet word.
Met die voortgesette afname van nuwe Covid-gevalle in die land, behoort verligting in regulasies ook op ander fronte oorweeg te word, soos die toerismebedryf en ander sektore voorstel. Natuurlik sónder om goeie praktyke oorboord te gooi.
Niemand ontken die coronavirus is 'n ernstige variant van griep wat vir sommige dodelik kan wees nie. Die kernvraag bly steeds in hoe 'n mate die graad van die aan bande lê van mense en die ekonomie deur werklike risiko's geregverdig word.
“Jammer vir die ongerief. Kom kuier gerus en welkom in Namibië.”
So sê ander
13 Oktober 2020
Sterk leierskap nou broodnodig
Pres. Cyril Ramphosa, wat lank daarvan beskuldig is dat hy swyg oor plaasmoorde, het Maandag in sy weeklikse nuusbrief duidelik standpunt ingeneem oor die saak.
Ramaphosa was duidelik daaroor dat plaasaanvalle nie uitgevoer word om boere van hul grond te verdryf nie. Hy het sterk geargumenteer dat geweldsmisdaad almal in die land raak.
Dat woede oor jare in landelike gemeenskappe opgebou het oor plaasmoorde, is te verstane.
Die president het gevra dat pogings teengestaan moet word om misdaad op plase te gebruik om gemeenskappe volgens ras te mobiliseer.
Dis die randfigure aan die uiterstes van die spektrum wat politieke munt wil slaan uit die gebeure in Senekal. Net soos dit 'n klein groepie was wat aanleiding gegee het tot daardie gebeure.
Sterk leierskap uit elke sektor van die gemeenskap wat 'n konstruktiewe bydrae kan lewer tot vrede en stabiliteit in die land is nodig.
Wat ons nie kan bekostig nie, is dat mense verblind word deur 'n verromantisering van geweld. Asof dit enige probleem kan oplos.
Alle Suid-Afrikaners dra letsels weens geweldsmisdaad. Woede daaroor kan nie ontken word nie. Hoe ons mekaar medemenslik in hierdie omstandighede vind en ondersteun, is ons groot toets.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie