Die Duwisib-kasteel ‘leef’ weer
Die Duwisib-kasteel in die Suide is deur Namibia Wildlife Resorts (NWR) weer tot sy volle glorie herstel en op 2 Augustus amptelik heropen.
Namibiërs en toeriste het nou die geleentheid om Duwisib - die negentiende eeuse kasteel in die suide van Namibië - as gaste te besoek.
Die nuwe besturende direkteur van NWR, me. Zelna Hengari, is verheug oor die werk wat haar span gedoen het om die kasteel op te knap. “Met die ryk geskiedenis van die kasteel, saam met sy strategiese ligging in die Suide, het die kasteel die potensiaal om ’n groot toeriste-aanloklikheid plaaslik, asook internasionaal te word, veral vir toeriste wat in die geskiedenis en unieke oudhede belang stel.”
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad (NTB), mnr. Digu
/Naobeb, het NWR geprys vir die voorsiening van ’n verskeidenheid van unieke vooruitsigte en geriewe vir toeriste, asook werkgeleenthede.
“Toerisme speel ’n belangrike rol, met 300 000 toeriste wat Namibië in 2003 besoek het en met meer as 1 miljoen toeriste wat die land nou besoek.”
Volgens die goewerneur van die Hardapstreek, me. Katrina Hanse-Himarwa, moet NWR voortgaan om hom as ’n voorsiener van hoë gehalte dienste te vestig.
“Die herinstelling van Duwisib weerspieël die regering se toewyding tot groei en ontwikkeling van toerisme vir die ekonomiese bemagtiging van ons mense,” het Hanse-Himarwa se spesiale adviseur, me. Hansina Christian, namens die goewerneur gesê.
Die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Onno Hückmann, was ook tydens die bekendstelling teenwoordig.
Die Duwisib-kasteel is ’n geskiedkundige plek en ’n nasionale monument wat ’n perfekte oornagplek op die roete na of van Sesriem en Sossusvlei bied.
Die Duitse baron Von Wolf het die kasteel vir sy Amerikaanse bruid, Jayta Humphreys, as ’n liefdesgeskenk in die vroeë 1900’s gebou. Hy wou ook met resiesperde in die semi-woestyngebied boer. Ongelukkig was sy droom van korte duur toe hy in die Eerste Wêreldoorlog in Duitsland gesterf het. Sy vrou het na Amerika teruggekeer en die kasteel met sy inhoud net so agtergelaat.
Die kasteel het vyf kamers en tien kampeerplekke. Piekniekplekke, ’n kiosk, ’n ondergrondse wynkelder en ’n curio-winkel is ook beskikbaar.
Die hoogtepunt van ’n besoek aan dié kasteel is ’n versameling van 18de en 19de eeuse ware, wapens en skilderye.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie