Die ekonomie van die tango
Die debat oor die grondkwessie wys die staat dans die riel in plaas van die grasieuse tango met ‘n gewillige maat.
Dr. Kobus Laubscher - “It takes two to tango” kry nuwe betekenis in Suid-Afrikaanse terme.
Om effektiewe en noodsaaklike ekonomiese groei moontlik te maak, vergelyk dit met die kook van ‘n potjie met taai vleis – stadig oor die hitte vir ‘n lang tyd of met ‘n vinnige drukkoker.
Elke metode het voor en nadele, maar wat bepalend is, is hoe honger ons is. Dié vergelyking is ontleen aan die 2017 Wêreld- Ekonomiese Verslag (WER): “Governance and the Law”. Verlangde uitkomste is positiewe ontwikkeling (die vleispot), maar faal as vir die kookproses goeie raad geïgnoreer word en die kookproses swak geïmplementeer word. Die plan “backfire” vir die kok!
Die ooreenkoms met gemeenskapsontwikkeling is dat - soos met die pot - baie tyd bestee word aan dit wat gedoen moet of kan word, maar heeltemal te min aandag gegee word aan hoekom vorige potte gewerk of nie gewerk het nie. Die immer hoekom-vrae wat diepgang kan gee, bly agterweë.
Dit werk gewoon nie om net ‘n klomp bestanddele saam te gooi en te hoop vir die beste nie. Dit dui op die afwesigheid van behoorlike “governance” of bestuur en leiding, B&L vir doeleindes van hierdie gesprek, en daar is afdoende bewys dat daarsonder ontwikkeling gedoen bly. Binne konteks verwys B&L na hoe regering- en nie-regering-deelnemers saam werk by die ontwerp en implementering van beleid binne ‘n raamwerk van formele en informele reëls en deshalwe gerig word deur mag.
Mag word in die WER omskryf as die vermoë van groepe/ individue om ander deelnemers in belang van die maghebbers te laat optree ten einde spesifieke uitkomste te bewerkstellig. Oor vermeende magsmisbruik is daar die afgelope tyd breedvoerig berig, maar dit is nie die bedoeling met behoorlike B&L nie. Die feit is dat daarmee ‘n behoorlike tango eers moontlik is – ‘n staat- en nie-staatspan.
Ontwikkeling is veeldimensioneel, maar praat in beginsel van vryheid om te kan kies – dit het te doen met ‘n stel geleenthede wat bestaan. Ontwikkeling kan volgens die WER ook gesien word as die verwydering van “onvryhede”. Met die huidige ekonomiese drukte in Suid-Afrika, werkloosheid en hoë inflasie binne die groepe wat moet verbruik wat hulle kan bekostig, sonder om voorkeure te kan ontmoet, is noodsaaklike klemverskuiwings nodig ten opsigte van waar werklike ontwikkeling gepleeg moet word.
Dit is veral die gebrek aan vooruitsigte op verbetering wat ontbreek, wat ‘n ander vlak van dringendheid vereis.
Die effektiwiteit van beleid en tegniese oplossings wat die oorspronklike intensie faal, word te maklik toegeskryf aan institusionele mislukking, en as die voor die hand liggende oplossing die verbetering van die betrokke institusies is, word die effektiwiteit van beleid gerieflik misgekyk.
‘n Sprekende voorbeeld is die debat oor die grondkwessie waar die staat die riel dans in plaas van die grasieuse tango met ‘n gewillige maat – die nie-staat- of kommersiële landbou. Effektiewe beleid het volgens die WER drie pilare, naamlik verbintenis, koördinasie en samewerking. Al drie is gesamentlik nodig om te verseker dat die toepassing van reëls en hulpbronaanwending die verlangde uitkomste het.
Verbintenis maak dit moontlik vir die dansers (ons is nog steeds besig met die tango) om met vertroue in die beleid te kalibreer, veral omdat dit moeilik is vir beleid om gelykmatig te bly as gevolg van veranderde omstandighede. Landbou is gewoond aan gereelde kalibrering – dis jagtyd en bedrewe skuts kan toelaat vir die wind, maar as die bok bly hardloop, is dit haas onmoontlik om in die kol te bly. Verwys na die jongste wind en hardlopende teiken as twee departemente wat belangrik is vir die landbou om sy deel te doen, asook toutrek oor die wat en hoe van behoorlike grondhervorming.
Verbintenisse alleen is nie voldoende nie. Behoorlike koördinering is ook nodig sodat al die rolspelers kan peil trek op die dansmaat se deelname. In hierdie opsig bly kommersiële landbou onseker oor die werklike intensie van staatshulp aan opkomende boere. Effektiewe hulpbronaanwending op plaasvlak is sentraal tot volhoubaarheid, maar die staat is daar met ‘n afbeen op die dansvloer.
Samewerking is die laaste pilaar van effektiewe beleid – help ander om gehelp te word met geen plek vir rugryers nie. Ongelukkig gaan die samelewing mank aan die afwesigheid van behoorlike samewerking. Landelike strukture word verinneweer omdat die begunstigdes nie kan of wil betaal vir noodsaaklike dienste nie, korrupsie en nepotisme is die jakkals onder die skape – daar is nou selfs helder oordag vangste as mens luister na en lees oor wat openbaar gemaak word ten opsigte van beweerde staatkaping.
Na aanleiding van die WER se omskrywing van noodsaaklike samewerking, skiet lande al hier ver tekort, want daar is ‘n groeiende ongelykheid tussen dié wie het en wie nog moet kry. Met meer koppe in Suid-Afrika wat nou aangewese is op toelaes vir hulle bestaan as wat daar belastingbetalers is, lyk vooruitsigte nie goed nie, veral teen die agtergrond van die fiskus se platter beursie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie