Die ekonomie van gemmer
Hoë pryse die gevolg van lae aanbod, groter vraag
Dr. Kobus Laubscher – Verbruikers is in rep en roer oor die skerp styging in die prys van vars gemmer en die kwessie word nou deur die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie ondersoek. Is daar dalk 'n slang in die gras?
'n Ontleding van markvolumes en die prys van gemmer die afgelope jaar wys op die volgende: In Desember 2020 was die volume gemmer ongeveer die helfte van 'n jaar tevore. Daarna het lewering effe afgeneem, maar pryse het beduidend gestyg.
Markvolumes het in Julie 2020 gepiek en daarna skerp gedaal.
Die nuutste vooruitsigte is dat nog laer volumes in Februarie verwag word met lewering wat na verwagting eers in Maart sal styg. Daarna kan dit dieselfde verloop neem as in 2020, maar waarskynlik op baie laer vlakke. Pryse behoort dus hoog te bly vir die volgende paar maande.
Die hoë pryse tans kom op 'n baie slegte tyd vir die verbruiker, want sy beursie is plat, terwyl doelbewus veranderde verbruikspatrone geld soos om mens se immuunstelsel te versterk.
Dié herwaardering van gemmer word verwelkom en kan 'n meevaller wees vir produsente, maar daar is belangrike feite wat in ag geneem moet word.
Gemmer is vir eeue al deel van baie lande se tradisie, veral in Asië. Daar is dus gevestigde handelspatrone met China, Maleisië en Brasilië as die belangrikste uitvoerders.
Suid-Afrika is 'n netto invoerder van gemmer en het die nodige ooreenkomste met twee van dié uitvoerders. Binnelandse produksie is onvoldoende om die groeiende binnelandse vraag te diens en verder is daar beperkte uitbreidingsgeleenthede vanweë die aard van produksie en die hulpbronne wat dit vereis.
In Suid-Afrika word gemmer hoofsaaklik geplant in gebiede met hoë reënval en spesifieke grondtipes. Die aanplant van gemmer in makadamianeut-boorde is baie gewild en verduidelik die plaaslike aard van die ideale produksie-omstandighede.
Die produksie van gemmer as 'n seisoengebonde gewas is redelik gespesialiseerd, baie arbeidsintensief en verg hoë vlakke van voeding en water. Dit word gewoonlik aan die begin van die reënseisoen – Augustus tot November – geplant en in Februarie en Maart van die daaropvolgende jaar is die eerste oesbare produkte gereed.
In daardie stadium is die gemmerknolle sag, met min vesel en moet dit met die hand geoes word. Dié produk is hoofsaaklik geskik vir versapping en die produk wat die meeste verbruikers vra, kan eers vanaf Junie en Julie geoes word. Dit neem dus bykans 'n jaar voordat die produk reg is om geoes te word. In hierdie tyd is die gemmer onder die grond uitgelewer aan verskeie plae en peste.
Wanneer dit eindelik markte bereik, betaal kopers op grond van beskikbaarheid. Die varsproduktemarkte waar verhandeling plaasvind, is deursigtig genoeg om prysbinding en/of samespanning moontlik te maak.
As die aanbod dus laag is en kopers moet gemmer koop, sal die transaksie net geskied as pryse hoog genoeg is. Dit is waar ons ons tans bevind.
Indien mens egter terugkyk, is daar duidelike tekens dat gemmerpryse die afgelope jare wel gestyg het. Hierdie styging was vanweë veranderde vraag en die aanbod wat nie kon byhou nie. Gemmer se mark het ook verander, want dit het deel geword van meer diëte en sapvervaardigers het dit al hoe meer begin gebruik. Met die pandemie het groter besorgdheid gekom wat immuniteit betref en gemmer was die voorkeurproduk.
Dié nuwe vraag tesame met onvoldoende aanbod moes lei tot hoër pryse.
Soos reeds verduidelik, is produksie grootliks seisoengebonde en kon produsente nie vinnig genoeg reageer nie. Selfs dele in KwaZulu-Natal waar gemmer deur die jaar geproduseer kan word, kon nie byhou nie.
Die aangewese was om in te voer, maar China het vanweë oorvloedige reën in sy vernaamste produksiegebiede nie voldoende geproduseer nie. Internasionaal is daar bewyse van skerp prysstygings en hieronder is lande soos Duitsland en Noorweë. Japan is die grootste invoerder van gemmer en hulle het bepaald bygedra tot die onwelkome prysstygings vir verbruikers.
Die ekonomie leer ons dat hoë pryse self herskik.
Aanbod sal herstel en sodra die inperkings verslap word om alkoholverkope weer toe te laat, sal ten minste 'n deel van die vraag (daar word berig dat gemmer ook gebruik word vir die brou van alkohol) wegval. Dieselfde het in 2020 met die prys van pynappels gebeur toe 'n abnormale vraag ontstaan het vir pynappels om alkoholiese pynappelbier te brou.
Produsente sien déúr die huidige hoë pryse, maar weet ook hul pryse beweeg opwaarts om die regte redes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie