Die Engels sukkel maar nog
Ek lees onlangs iets oor Namlish en Namibiërs se skynbare onvermoë om Engels behoorlik onder die knie te kry, en om onsself aan ander in die koningin se taal duidelik te maak.
Die skrywer van die Namlish-artikel beskryf hoe ‘n buitelandse besoeker heeltemal uit die veld geslaan was oor hy gedink het mense bly vir hom “buy a donkey” sê.
By navraag blyk dit toe “buy a donkey” beteken eintlik “baie dankie”.
Die “buy a donkey” het konsternasie veroorsaak omdat dit sommer so tussen ander Engelse woorde ingegooi was sonder om enige konteks te onthul.
En dís hoe ek dink Namlish ontwikkel het. Dit is ‘n mengelmoes van alle Namibiese tale en eienaardige streekuitdrukkings, met ‘n Engelse woord of frase besprinkel.
Ons het ‘n ongeërgde houding teenoor die Engelse taal ontwikkel – solank as wat ons mekaar verstaan – in ónse Engels – is ons fine daarmee.
Ná amper 30 jaar van amptelike status in hierdie land is ons heel gerieflik met ónse Engels, en basta met die res.
Ons verkwalik ook nie onsself omdat ons so ‘n eiesoortige houding teenoor die taal ontwikkel het nie. Hoekom sou ons?
Vóór onafhanklikwording was daar nie regtig enige aansproring om Engels te praat nie.
Ná onafhanklikwording was die onderrig in Engels in baie van ons skole maar van swak gehalte, al is baie buitelandse onderwysers ingevoer om te kom uithelp.
Ek onthou die Nigeriese onderwyser in die vroeë 1990’s wat ‘n klomp laerskoolkinders moes leer.
Dié dag se les was “an apple”, “an axe” ensovoorts.
“Un ux” sê die Nigeriese onderwyser voor en wys die woorde op die swartbord.
“Un ux,” sê die kindertjies agterna.
“No, no, no! Not un ux! Un ux,” roep die onderwyser in frustrasie uit.
Die kindertjies herhaal heel verward agterna: “No, no, no! Not un ux! Un ux.”
Ek vermoed dit gaan maar steeds so in ons klasse.
Dit is egter nie net die gepeupel wat oor die rooi taal verward is nie.
Ek onthou een parlementslid wat ewe hoogdrawend gepraat het van die “cream of the unemployed” toe parlementslede nog oor werkloosheid bekommerd was.
Met die begrotingsdebatte in die parlement onlangs het ‘n ander verwys na die “physical discipline” eerder as “fiscal discipline”.
Dié arme vrou het later ook van ‘n “unequal equation of distribution” gepraat.
Met dié dat die Chinese gaste in ons land opmerk Namibiërs se Engels is “velly, velly bad”.
Nie dat die Chinese veel omgee oor hoe húlle die koningin se taal gebruik nie.
Ek was al ‘n paar keer in China en het ook maar lekker gelag oor hoe hulle die rooi taal gebruik.
‘n Kennisgewing in ‘n hysbak het byvoorbeeld gelees: “No getting warm by fire.”
Met ander woorde: “Observe fire rules.”
‘n Kennisgewing in ‘n taxi lees: “Keeping seat belt safe please.”
By ‘n stopstraat staan doodluiters: “Waiting please.”
‘n Kennisgewing by ‘n masseersalon lees: “Foot, bottom and body message here.”
In ‘n reisgids is geskryf: “The beauties of Putuo Maontain has attracted many poets and authors come here and left many stone inscriptions and transfer goods works.”
En wat gebeur as ‘n Namibiër ‘n Chinees Engels probeer leer?
Op ‘n slag sien ek ‘n Namibiër wat ‘n pasaangekome Chinese dame iets in Engels wil leer.
Die twee het dié kant toe en dáái kant toe beduie en onderhandel oor betekenis en uitspraak.
Uiteindelik het die Chinese student heel leergierig op papier neergeskryf: “You are go home. Can not bath.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie