Die ergste lu00ea nog voor vir ekonomie
Die ergste lu00ea nog voor vir ekonomie

Die ergste lê nog voor vir ekonomie

Ekonomiese aanwysers neem 'n wyle om gepubliseer te word, maar die feite wat tans op die tafel is, dui daarop dat ons in 2017 in 'n dieper ekonomiese gat gaan sink.
Johan Willemse - Ondanks al die ontkennings van ANC-politici het al die manewales, kabinetskommelinge, afgraderings en onomstootlike bewyse van grootskaalse korrupsie 'n uitwerking op ekonomiese rolspelers­ en hul besluite – van verbruikers tot private maatskappye.
Die jongste ekonomiese groeisyfer van -0,7% vir die eerste kwartaal van 2017 (op 'n kwartaalgrondslag) volg op die inkrimping van 0,3% in die laaste kwartaal van verlede jaar, wat ons nou in 'n tegniese resessie laat.
Dit val 'n mens nogal op as jy gaan kruideniersware koop en vrou by die kasregister vra of jy dit direk met jou kredietkaart wil betaal en of jy die kos op begrotingsrekening wil koop? Op my navraag bevestig sy dat heelwat kruideniersware op kredietkaarte se begrotingsrekening gekoop word! Ander data dui daarop dat die verkope van sekere kossoorte die laaste maande effens gedaal het.
Huishoudings is in die moeilikheid en die stygende werkloosheidsyfers bevestig dit. Die ironie is natuurlik dat die skade wat die ANC-regering berokken die laer- en middelinkomstegroepe, wat minder weerbaar is, die hardste tref.
Sal dit nog slegter gaan?
Ek dink ons moet maar die gordels styf trek en nie kop verloor nie. Die groot troos is dat die politieke en ekonomiese siklus hopelik op pad is na die onderste draaipunt, maar dit gaan nog 'n wyle duur voordat ons in die nuwe groeisiklus inbeweeg.
Investering sal eers moet toeneem en werkloosheid daal – maar daarvoor het ons vertroue nodig en dat banke bereid is om kredietverlening makliker te maak. Banke se beoordeling van kredietaansoeke raak baie strenger in 'n resessie – wat noodwendig investering knou – juis wanneer die ekonomie dit nodig het.
Dit is nie banke se werk om die ekonomie te stimuleer nie – inteendeel hulle probeer spaarders se deposito's beskerm en ook hul eie balansstate.
Die dilemma is dat die sinkende gevoel wat ons het, nog dieper gaan sink voordat ons die herstel­fase bereik. Soos huishoudings verder onder druk kom, raak die risiko's vir maatskaplike onrus net groter. Gelukkig het die koers van styging in basiese voedselpryse begin afneem en so ook die inflasiekoers.
Lae-inkomste­huishoudings kry swaar
Voedselpryse styg egter steeds met sowat 8% tot 10% per jaar, wat lae-inkomstehuishoudings swaarder tref.
Die nuwe syfers van ekonomiese aanwysers wat beskikbaar gaan raak deur die volgende aantal maande, gaan min hoop bied.
Natuurlik is die idee nie om jou uit jou skoene bang te praat nie, maar ons moet realisties wees en vroegtydig realistiese planne maak. Die speelveld het verander.
Ons moet suiniger koop, duur items eers los, en alles wat ons kan in ons werk en onderneming sit om deur die ANC-geïnduseerde nagmerrie te kom. Probeer nuwe skuld vermy en moenie agter raak met bestaande skuld nie. Banke is in hul eie nagmerrie en spring op jou met die eerste teken dat jy gly.
Hulle neem die sambreel weg as jy dit die nodigste het – dit is hul sakemodel.
Die voordeel is natuurlik dat die Reserwebank vanjaar baie huiwerig sal wees om die repokoers te verhoog gegewe dié feite, tensy daar op groot skaal vlug van kapitaal uit die land is en die wisselkoers platval.
Op die oomblik word die rand sterk gehou deur ons relatief hoë rentekoers vergeleke met die VSA en Europa, maar die risiko is groot.
Ja, dit sal eers slegter met die ekonomie gaan voordat dit beter gaan. Onthou ook, ons hou nie op asem haal nie. Die lewe gaan voort, daar is net minder geld in omloop en werk raak skaarser en moet almal slimmer te werk gaan!
• Prof. Johan Willemse­ is 'n ekonoom verbonde aan Agrimarkconsultants.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!